Manna uit die hemel, met kondensmelk daarop.
Alles deur die skrywer P K Deysel
Lions voorspelbaar maklik baas teen die Rebels
Die Lions het Saterdag op ʼn drafstap met die Rebels in Melbourne klaargespeel. Met die oorwinning van 47-10 beweeg hulle steeds nader aan die eerste plek in die Afrika 2-groep.
Cheetahs, Highlanders sorg vir riller met ses drieë elk
Ai, dit was nou lekker en goeie rugby – en dit was veral ook lekker met die spanning wat die wedstryd iets spesiaals gemaak het.
Bulls moet veldtog vroeg-vroeg op koers kry teen Blues
Praat is maklik, maar in die Bulls se kamp is daar ʼn selfvertroue wat hulle een naelskraapse oorwinning, teen die Sunwolves, uit twee neerlae weerspreek.
Nou net vier maande uit, maar Marcell se Bokrugby is verby
Dis nou amptelik: Marcell Coetzee sal, terwyl hy sy rugby oorsee speel, nie vir die Springbokke oorweeg kan word omdat hy nie aan SA Rugby se nuwe 30-toets-kwalifikasie voldoen nie. Die keertyd vir die kwalifikasie is 1 Julie.
Sauser nader veertig Cape Epic skofseges
Skofseges by die Absa Cape Epic is lekker, maar vir Christoph Sauser gaan alles oor die algehele sege in dié meerdaagse bergfietstoer.
Cape Epic se tweede skof verkort weens hitte
Op ʼn ietwat ongewone dag het Christoph Sauser, ʼn man wat reeds vyf keer kampioen was, en sy spanmaat Jaroslav Kulhavy, Dinsdag die veranderde tweede skof in vanjaar se Cape Epic gewen.
En toe kom Botha se lynstaan en Bosch se skoppie …
Die Sharks het Saterdag binne twee minute na die afskop ʼn drie afgestaan en daarna in die eerste helfte hoofsaaklik swaar geleef voordat hulle in die tweede helfte teen die Brumbies in Canberra reggeruk het.
Krag-teen-krag Curriebekerrugby ook op weeksdae
Daar sal vanjaar net sewe spanne in die Curriebekerreeks se Premierliga speel en van die wedstryde sal deur al die spanne in die middel van die week gespeel word.
Beter Kings het nog baie werk wat wag
Die Kings het soos ʼn mens verwag het Saterdag hulle eerste wedstryd teen die Jaguares in Port Elizabeth verloor, maar het plek-plek belofte getoon van ʼn beter seisoen as verlede jaar.
Sharks sal die baie foute vorentoe moet uitskakel
Foute en nogmaals foute was Vrydag die storie van die Sharks se Superwedstryd teen die Reds in Brisbane.
Kolisi nuwe Stormerskaptein met Etzebeth sy adjudant
Die ervare Springbokflank Siya Kolisi sal die Stormers in vanjaar se Superreeks aanvoer, met die Bokslot Eben Etzebeth as sy adjudant.
Bulls wys plek-plek hul gehalte teen die Chiefs
Die Bulls het Donderdag in Brisbane in ʼn opwarmwedstryd teen ʼn Chiefsspan sonder ses van sy All Blacks plek-plek gewys dat hulle vanjaar in die Superreeks tussen die voorstes kan eindig.
Italië spring toe weg soos hul afrigter gevra het
Italië se nuwe afrigter Conor O’Shea, wat in beheer was toe sy span die Springbokke verlede jaar 20-18 geskok het, wou graag sien dat sy span voortaan met die grotes saamgesels. En teen Wallis het hulle Sondag in Rome met mening stem dik gemaak.
Sesnasies-waarskuwing vir die Bokke
Daar wag groot probleme op die Springbokke in Junie se sogenaamde inkomende reeks as hulle nie drasties op verlede jaar se geploeter verbeter nie
Heelwat pluspunte aan Lions-kant
Die gebrek aan kombinasies is seker deels vir van die tekortkominge te blameer, maar daar was tog ook heelwat pluspunte in die Lions se vertoning Saterdag teen die SupaBarbarians by Wits.
Taute se langer ‘leentydperk’: geld of spankeuse?
Die nuus dat Jaco Taute nou tot Junie by Munster sal speel nadat hy aanvanklik net vir drie maande by Rassie Erasmus-hulle sou wees, laat ʼn mens wonder oor hoe en hoekom dit gedoen is.
Jong Ivan die held na Bulle se groot skrik
Dit was opwindend, en dit was met rukke baie lekker rugby, maar die Blou Bulle sal hulself afvra waarom hulle eers twee minute voor die einde die halfeindstryd teen die Westelike Provinsie op Loftus kon beklink, 36-30
Onoorwonne Vrystaat, Leeus sal hardloop
Die Goue Leeus veg om die reg om hulle Curriebekertitel oor ʼn week te verdedig; die Vrystaat Cheetahs om onoorwonne te bly en die Curriebeker oor `n week Bloemfontein toe te neem.
Op Twickenham gaan dit oor die mindere plekke
Die laaste toets in die 2016-Rugbykampioenskap Saterdagaand (20:30) op Twickenham tussen Argentinië en Australië kan nie vir die All Blacks uit die eerste plek stamp nie, maar is vir Suid-Afrika belangrik.