Bye, ja bye, het tydens die kolfbeurt van Sri Lanka vir die grootste opwinding op die Wanderers gesorg in die derde eendagwedstryd teen die Proteas.
Lees meerAlles vir Saterdag 4 Februarie 2017
Super 12: naelskraap vir onoorwonne status
Die twee onoorwonne spanne in die Oos-Kaapse Super 12-liga het Saterdag in albei gevalle hul status in wegwedstyde met `n enkele punt behou.
Heelwat pluspunte aan Lions-kant
Die gebrek aan kombinasies is seker deels vir van die tekortkominge te blameer, maar daar was tog ook heelwat pluspunte in die Lions se vertoning Saterdag teen die SupaBarbarians by Wits.
Inkopielys ná byna 400 jaar gevind
ʼn Britse argeologie-span wat besig is om ʼn huis in Kent in Engeland te restoureer, het op ʼn inkopielys afgekom wat in Oktober 1633 geskryf is.
Somerreeks: blootstelling grootste bydrae
Die Somerreeks van SA Hokkie wat Vrydagaand in Kaapstad ten einde geloop het, het vir Suid-Afrika insig in hulle diepte gegee en ook waardevolle ervaring op internasionale vlak aan ʼn aantal jong mans- en vrouespelers gebied.
Man vas oor moord, vuurwapens
ʼn Man (24) sal Maandag in die Durban-landdroshof verskyn nadat die polisie in KwaZulu-Natal hom in verband met ʼn moord in Cato Crest in hegtenis geneem het en drie ongelisensieerde vuurwapens in sy besit gevind is.
Een dood, 4 beseer toe voertuig rol
ʼn Omstander op die toneel het gesê sy het by die ongelukstoneel stilgehou en die kind in die veld hoor huil.
Gebede stroom in vir Joost
Honderde boodskappe van bemoediging en gebede het Saterdag op sosiale media ingestroom, nadat nuus aan die lig gekom het dat Joost van der Westhuizen vir sy lewe veg in die hospitaal.
Taxibestuurder voor passasiers doodgeskiet
Die polisie in Limpopo is tans op die spoor van twee verdagtes wat ʼn 37-jarige taxibestuurder Saterdag, ten aanskoue van ander passasiers, op ‘n kort afstand doodgeskiet het.
Bejaarde in Limpopo aftree-oord vermoor
Die liggaam van ʼn bejaarde vrou is laat Vrydagmiddag in haar motorhuis in ʼn aftree-oord in Mookgophong (Naboomspruit) in Limpopo aangetref.
Minister sê jammer na POF betalings staak
Dipuo Peters, minister van vervoer, het om verskoning gevra nadat die Padongelukkefonds (POF) die betaling van eise gestaak het nadat die balju op sy bankrekening beslag gelê het.
Presidensie ‘ontstoke’ oor Madonsela
“Dit is jammer dat adv. Madonsela besluit het om die president se naam te gebruik in sake waarby hy nie betrokke is nie. Die misbruik van die president se naam in so ʼn geval is belaglik en teleurstellend.”
Blitsbokke loop hul rieme styf in groepronde
Die Blitsbokke, rammetjie-uitnek na verlede naweek se oorwinning in die Nieu-Seelandse toernooi, het Saterdag in die groepronde van Wêreldrugby se sewesreeks in Sydney hulle rieme styfgeloop
Durban-skoolseun se orgaanskenking ‘ʼn ligstraal van hoop’
“Dit is die mees traumatiese tyd van my lewe, maar die feit dat sy organe gaan na mense wat dit nodig het, dra by tot sy positiewe nalatenskap.”
Joost van der Westhuizen kritiek
Joost van der Westhuizen is Saterdagoggend in ʼn kritieke toestand na ʼn hospitaal geneem.
Ontevredenheid oor voorleggingproses vir Bakwena-grondeis
AfriSake het vandeesweek gewaarsku hy sal noodgedwonge die hof nader indien die Grondeisekommissie versuim om grondeienaars ʼn behoorlike geleentheid te bied om voorleggings aan die kommissie te maak oor die reuse Bakwena-grondeis.
Drie deur ‘onbeheerbare’ skare doodgeslaan
Drie vermeende misdadigers is Donderdag deur inwoners van Boschfontein, naby Schoemansdal in Mpumalanga, doodgeslaan voordat polisiebeamptes daarin kon slaag om ʼn vierde man van die woedende skare te red.
Weskus oor brande gewaarsku
Die Wes-Kaapse Rampbestuursentrum het Vrydag ʼn brandwaarskuwing uitgereik vir uiterste weerstoestande langs die weskus, wat die risiko van brande in die gebied verhoog.
Daar is seker kommer in die Cheetah-kamp
Daar moet darem so ʼn effense kommer in die Cheetahs se afrigtingskamp wees, al kan ʼn opwarmwedstryd nie altyd as maatstaf gebruik word nie.
Mahlangu van strafbare manslag aangekla
“Die omvang van die sterftes en die nalatigheid maak dit ʼn mediese Marikana waarin aanspreeklikheid van die oortreders en geregtigheid vir die slagoffers geëis moet word.”