Saam kyk Ds. Deon van der Berg en Kliniese Sielkundige Erich Schoeman na ’n baie interessante formule wat luisteraars sal help om Bybelse emosionele intelligensie ’n werklikheid te maak in hul daaglikse lewe. Veral word gekyk na jou denke omdat jou denke jou emosie beïnvloed (Denke + emosie = gedrag).
Alles deur die skrywer René Roux
ToekomsVenster: Gebreek vir ons gebrokenheid
Hierdie gebrokenheid van Christus maak dat gebrokenes mekaar in hulle gebrokenheid kan ontmoet. Ek kan jou in my gebrokenheid help om heling te vind. Wanneer ek begin om na jou uit te reik, na jou gebrokenheid, vind daar vir my in Christus heling plaas.
Luister: Mens kan nooit te veel leer nie
Leer in dié uitgawe van Klipkouers by iemand wat elke dag ‘n boek lees – en boonop die beginsels dadelik in sy onderneming en persoonlike lewe toepas.
Wat is popmusiek?
Popmusiek is ’n musiekgenre met Westerse wortels, afkomstig uit die 1950’s en 1960’s, en die woord kan afgelei word uit die afkorting van “populêre musiek”. Dit is eietydse musiek waarna gereeld geluister word, wat die grootste verkope het en gereeld op die trefferparades verskyn.
ToekomsVenster: Inkarnasie – is nie ons en hulle nie
Sodra ons begin neerkyk op ’n ander se lêplek of sy beroep, dan praat ons van ons en hulle. Inkarnasie breek daardie stigma, maak ons gelyke vennote; mede-burgers. Ons speel saam in dieselfde orkes.
ToekomsVenster: Ek is meer as net ek
Geen mens is net ’n skoon bladsy waarop niks geskryf is nie. Selfs as jy as baba gebore word kom jy al klaar met “bagasie” die wêreld in. Dit wat jou ma geëet of gedrink het gedurende die swangerskap het ’n invloed op jou vorming. Sy kon hard gewerk het, baie gestres het en dit maak dat daar al klaar iets op jou bladsy geskryf staan. Soos wat jy ouer word, skryf mense op jou bladsy.
ToekomsVenster: Maak versoening moontlik
Omdat ons iets van die “godheid” in ons het, kan ons verhoudings ook beskryf as ’n mistiese of geheimsinnige handeling wat gebeur wanneer een mens na ’n ander mens uitreik om te help. Jy sal saamstem dat daar partykeer iets tasbaars moois is as mense mekaar help, of dit by die sportveld, hospitaal of kerk is.
ToekomsVenster: Die woord het vlees geword en onder ons kom woon
Johannes 1 beskryf dit as “die woord het Vlees geword en onder ons kom woon.” Christus het homself verneder (afstand van Sy Koningskap gedoen) en mens geword (tussen mense kom woon).
Luister: Hoe ons konflik moet hanteer
Saam kyk Ds. Deon van der Berg en Kliniese Sielkundige Erich Schoeman eers na hoe die fondasie moet lyk waaruit Bybelse emosionele intelligensie ’n werklikheid kan word in ons lewe. Spesifiek word gekyk na: Hoe raak dit my lewe? Waarna moet ek kyk?
Luister: Besigheid deur brandvoorkoming
Ons het familie in Secunda besoek met ʼn jong meisie wat tragies in ʼn motorongeluk doodgebrand het. Ek het net daar gesit en gebid en die Here gevra om my te help om te keer dat enigiemand ooit weer in ʼn motorongeluk doodbrand.
ToekomsVenster: ons skep
Ons weektema is verhoudings. Ek en jy kan nuwe verhoudings skep. Ons kan wanneer ou vriende wegtrek, nuwe vriendskappe skep. Ons kan ruimte in ons vriendskappe skep waar mense gemaklik voel om te kan praat en hulle self kan wees.
ToekomsVenster: ons vier die gemeenskap van gelowiges
Ons kan nie praat van gestuur wees in hierdie wêreld as ons van God in die enkelvoud praat nie, want God bestaan uit drie. Daar is gemeenskap of koinonia tussen die drie.
ToekomsVenster: ’n afbeelding / afdruk van die Drie-eenheid
Hierdie afbeelding is nie net ’n uiterlike afbeelding nie (ek is fisies geskape na die beeld van God), dit is ook ’n geestelike afbeelding. Ek dra liefde, vergifnis en versoening – al die gawes van die Gees in my hart.
ToekomsVenster: ons hanteer mekaar gelykwaardig en menswaardig
Vir ons in Suid-Afrika is hierdie leefwyse, waar ons alle mense menswaardig en gelykwaardig behandel, baie moeilik. Reik vandag uit na iemand wat nie in jou normale vriendekring is nie.
Luister: Wees bewus van jou Bybelse emosionele intelligensie
Ds. Deon van den Berg gesels weer in dié uitsending met die kliniese sielkundige Erich Schoeman oor emosionele intelligensie. Vind uit wat is bybelse emosionele intelligensie en hoe jy bewus kan wees van jou eie en ander se emosies in jou huwelik en verhoudings en hoe om dit te hanteer. Hy vertel ook van ’n Hindoe gelowige wat op die seminaar was en wat alles in sy lewe en hulle huwelik gebeur het.
ToekomsVenster: ’n ander manier van doen
Om met en deur verhoudings te werk, help in die verkondiging van die boodskap. Dit maak net ’n deur op ’n ander manier oop. Ek word eers jou vriend (bou ’n verhouding met jou), dan begin ons gesels oor die lewe.
ToekomsVenster: Missio dei – nie ’n nuwe “truuk” nie
Missio dei vra nie ’n nuwe “truuk” of foefie om mense deel te maak van die Koninkryk van God nie. Dit vra ’n opregte lewe voor God, ’n lewe wat ’n alternatief bied teen die gejaagdheid van die wêreld.
ToekomsVenster: Missio dei – gestuur saam met Sy kerk
’n Gevaar is dat ʼn gelowige kan dink dat sy / haar kerk die enigste plek is waar mense kan inskakel en waarin hulle tuis en gemaklik sal voel en tog weet ons dat dit nie so is nie. Hulle kan dan maklik vertel hoe verkeerd en treurig ander kerke is, maar hoe oulik húlle is.
ToekomsVenster: Missio dei – om die Koninkryk van God te vestig
Die Koninkryk het ook nie paspoorte, vlae en ’n volkslied soos wat ons eie land (Suid-Afrika) het nie. Dit het, soos ons reeds beskryf het, ook nie definitiewe geografiese grense nie. Die Koninkryk word beskryf dat dit is soos suurdeeg wat in en deur mense alles en almal aanraak, of soos sout wat keer dat kos laf word. Die Koninkryk is anders en ons lidmaatskap is anders.
ToekomsVenster: Missio dei – met vrede
Die vrede is natuurlik vrede wat alle verstand te bowe gaan. Dit is nie ’n vrede waar ons nou net mooi woorde vir mekaar het nie, maar dit is ’n vrede wat maak dat ek kan aangaan met my lewe. Ek haal my hande van jou keel af om te kan aangaan met my lewe.