Die Blitsbokke het vroeg Sondagoggend die eerste plek in groep A ingeneem en kom Sondagaand in die kwarteind in die Vancouver-toernooi van Wêreldrugby se sewesreeks teen Kanada te staan.
Alles deur die skrywer Wim van der Berg
Lions se jonges kry rugbyles tot hardebaarde opkom
Die Lions, met net ses van verlede week se wenspan teen die Waratahs op die veld, is vir 60 minute ʼn rugbyles deur die Jaguares in Saterdagaand se Superwedstryd in Buenos Aires geleer.
Leeus se skeidsregter sterf na wedstryd
Francois Smit, ʼn skeidsregter van die Goue Leeus Skeidsregtersvereniging, is Saterdagmiddag dood nadat hy ʼn wedstryd by die Carletonville High School beheer het.
Sunwolves teer op Cheetahs se foute
Die Cheetahs is moontlik ontsenu toe die Sunwolves na net 26 sekondes gaan druk het, en hulle het wel ʼn groot klomp beserings gehad, maar die Sunwolves is uiteindelik die span wat Saterdagaand kop omhoog van die Vrystaatstadion gestap het.
Nuwe Superreeks: slegte nuus vir twee SA spanne waarskynlik
Dis nou ʼn werklikheid: die Superreeks se formaat gaan verander en die besluit oor watter drie (miskien net twee) spanne uit die nuwe reeks weggelaat sal word, behoort in die komende week bekend te wees.
Blitsbokke: oorgerustheid en uitputting Powell se kommer
Die Blitsbokke se nuwelinge het die een na die ander gewys dat hulle opgewasse is. Dit kan Saterdag en Sondag in die Vancouver-toernooi van Wêreldrugby se sewesreeks weer die geval wees.
Lions verander nege; weer nie met bestes na Buenos Aires
Ondersteuners van die Lions sal hoop dat die geskiedenis hom nie herhaal wanneer hul span Saterdag in Buenos Aires teen die Jaguares speel nie.
Blitsbokke verloor nog ʼn staatmaker voor Vancouver
Kyle Brown, Tim Agaba, Kwagga Smith, Seabelo Senatla … en nou ook Justin Geduld.
Lions los vyf Bokke tuis vir Jaguares-wedstryd
Die Lions laat vyf van hulle Springbokke tuis vir die Superwedstryd Saterdag in Buenos Aires teen die Jaguares.
Blitsbokke maak dit drie na mekaar
Die Blitsbokke moes Maandagoggend (SA tyd) nie net teen ʼn gemotiveerde Fidji in die eindstryd van Wêreldrugby se sewesreeks speel nie, maar moes ook ysige koue en ʼn wind van tot 110 km/h in Las Vegas baasraak.
Aussies laat Blitsbokke groot skrik in kwarteind
Die Blitsbokke het vir hulle vyfde uit vyf halfeindstryde in die huidige sewesreeks van Wêreldrugby gekwalifiseer toe hulle Australië vroeg Sondagoggend (SA tyd) in die Las Vegastoernooi geklop het.
Cheetahs steek Lions na die kroon met hardlooprugby
Die Lions het die afgelope paar seisoene baie se lieflingspan geword oor die lekker hardlooprugby wat hulle speel. Maar skielik het hulle kwaai teenstand vir hierdie titel.
Lions hardloop weer lekker; Waratahs bederf waar hulle kan
In ʼn wedstryd waar die Lions in elke faset behalwe die verdediging indruk gemaak het, het die besoekende Waratahs Saterdag op Ellispark baie van die plesier met hulle herhaalde oortredings bederf.
Blitsbokke moeilik uit kwarteind gehou na groot seges
Al moet hulle nog ʼn wedstryd speel, kan Suid-Afrika kwalik uit die kwarteind van die Las Vegastoernooi van Wêreldrugby se sewesreeks gehou word.
Senatla-hulle se afwesigheid pla Powell nie te veel nie
Vier uit vier eindstryde dusver in Wêreldrugby se sewesreeks waarvan drie gewen is, sal die naweek in Las Vegas aan die Blitsbokke die selfvertroue gee om hul voorsprong van 17 punte op die puntelys te vergroot.
Superspanne se relatiewe krag onder die loep
Die komende naweek se Superwedstryde wat reeds Donderdag begin, sal seker groter duidelikheid gee oor die relatiewe krag van die spanne, iets wat moeilik is om op net een wedstryd te beoordeel.
Afrika en Kok se terugkeer vergoed vir Kwagga en Senatla
Die twee Blitsbokke Werner Kok (2015) en Cecil Afrika (2011) was albei Wêreldrugby se sewesspeler van die jaar, en hulle terugkeer sal die naweek in Las Vegas grootliks vergoed vir die afwesigheid van Seabelo Senatla en Kwagga Smit wat nou Superrugby speel.
Meer opwindende reeks as verlede jaar nou werklikheid
Die nuwe provinsiale reeks wat Dinsdag deur Saru bevestig is, gaan nie net sorg vir meer mededingende rugby as verlede jaar se afgewaterde gedoente wat as opstellende kompetisie vir die Curriebekerreeks gedien het nie, maar sal gewis strawwe kompetisie in veral die Noord- en Sentraalstreek tot gevolg hê.
SA in die pekel in sesde plek op wêreldranglys
Suid-Afrika is nou sesde op Wêreldrugby se ranglys na die verrassende oorwinning Saterdag van die beseringsgeteisterde Skotland oor Wallis.
Saru se gesloer skeel Coetzee min, oefengroep reeds gekies
Die gesloer met die bekendmaking van Coetzee se voortsetting van sy kontrak as Springbokafrigter het hom ongetwyfeld nie hierdie keer onkant betrap nie.