Die Bulls pak die onbekende aan met aanstaande week se opwarm-ekskursie na Brisbane.
Alles deur die skrywer Wim van der Berg
Eddie verander vyf vir die Franse toets
Die Engelse afrigter Eddie Jones het vyf veranderinge aangebring aan die span wat Australië in November verslaan het, maar gaan steeds ervaring aan sy kant hê in Saterdag se wedstryd teen Frankryk op Twickenham.
Bulstryd kom in die Lions se middelveld
Die Lions wat Saterdag (15:00) by Wits teen die SupaBarbarians uitdraf, sal nie soos baie verwag ʼn aanduiding gee van wat Johan Ackermann en Swys de Bruin vir die Superseisoen in die mou voer nie.
SA weer Fidji se tier; wen titel eerste keer sedert 2002
Die Blitsbokke het Sondagoggend in Wellington die eerste keer sedert 2002 die titel van die Nieu-Seelandse been van Wêreldrugby se sewesreeks gewen toe hulle Fidji oortuigend 26-5 geklop het.
Pollard aangewys as Bulls se Superkaptein
Die Bulls het Saterdagaand aangekondig dat die 22-jarige Springbok Handré Pollard hulle in die Superreeks sal aanvoer.
Blitse moet Wellingtonspook verjaag
Wellington, soms deur die toedoen van ʼn skeidsregter soos in 2016, was die afgelope 15 jaar dikwels die plek waar die Blitsbokke se sewesveldtog begin skeefloop het na ʼn goeie begin in die Wêreldreeks.
Jaguares: 2½ keer om die aarde in hul eerste Superreeks
Die Suid-Afrikaanse spanne het in die dae van die Super12- en Super15-reeks gekla oor die onregverdigheid om vir tot vier wedstryde van die huis te wees en langer vlugte na Australasië te onderneem as die Nieu-Seelanders en die Aussies.
Allister maar een van talle Saru-kwessies
Dit is een van die heel belangrikste sewe dae in die geskiedenis van Suid-Afrikaanse rugby wat voorlê, en Allister Coetzee se voortgesette afrigting van die Springbokke is bloot een van baie besprekingspunte.
Wie betaal die WP- en OP-maatskappy se November-salarisse?
Dit is einde van die maand en dit sal interessant wees om te hoor hoe WP Rugby (Edms) Beperk en OP Rugby (Edms) Beperk hulle betalingsverpligting teenoor ondermeer die spelers vir November nagekom het.
Allister sal nie sommer verander; Italië kies vier nuwes
Met Eben Etzebeth wat beslis nie die naweek teen Italië sal speel na hy Saterdag teen Engeland die veld met harsingskudding verlaat het nie, weet ʼn mens darem een ding: daar sál ʼn verandering aan die Springbokspan wees.
Wie moet die blaam dra?
Die Springbokke se afrigter Allister Coetzee het Saterdag na die loesing van 21-37 teen Engeland op Twickenham weer die blaam vir die neerlaag voor die deur van die spelers gelê.
Wie gaan spelers betaal of in privatisering belê?
Die aansoek om voorlopige likwidasie van WP Rugby (Edms) Beperk het nie net tot onsekerheid oor Suid-Afrikaanse rugby se franchise’e gelei nie maar ook tot vrae oor die betaling van die spelers en die beoogde privatisering laat ontstaan.
Privatisering: Daar’s heelwat meriete en ook heelwat vrae
Suid-Afrikaanse rugby is finansieel in die knyp, en die ondersoek na die moontlike privatisering van rugbyunies is op die oog af ʼn goeie gedagte. Daar bly egter ʼn hele aantal kwelvrae.
Eddie in klub-spervuur – en Engeland se beserings neem steeds toe
Engeland se afrigter Eddie Jones is in die spervuur. ʼn Geselsie met die klubs het glo die lug gesuiwer, maar die beserings van ʼn hele aantal van Engeland – en dus die klubs – se voorste spelers word steeds voor Jones se deur gelê.
Gold se vertrek vir Sharks geen verrassing nie
Nie alweer nie, sou die Sharks se ondersteuners seker gesug het toe hulle die week verneem het dat Gary Gold as direkteur van afrigting en ook hoofafrigter van die Sharks se Superspan bedank het.
Vrystaaaaat!
Daar kan geen twyfel wees nie: die Vrystaat Cheetahs is onteenseglik Suid-Afrika se heel beste provinsiale rugbyspan.
Vrystaat sal hul nie aan die verlede steur nie
Die Curriebeker bly maar spesiaal – en Saterdag (16:00) se volgepakte stadion in Bloemfontein waar die Vrystaat Cheetahs en die Blou Bulle in die eindstryd speel, is voldoende bewys daarvan.
Beseerde Ox op die bank vir die eindstryd
Die Vrystaat Cheetahs se afrigter Franco Smith het net een verandering gemaak aan die beginspan wat die Goue Leeus verlede week verniel het vir die Curriebekereindstryd Saterdag teen die Blou Bulle in Bloemfontein.
RG uit eindstryd, maar ook goeie nuus vir Bulle
RG Snyman se gesigbesering in die Curriebekerhalfeind teen die Westelike Provinsie sal hom soos verwag is uit Saterdag se eindstryd teen die Vrystaat Cheetahs in Bloemfontein hou – maar daar was ook goeie nuus vir die Blou Bulle.
Peyper blaas in sy tweede eindstryd
Die ervare Wêreldbeker-skeidsregter Jaco Peyper sal Saterdag in Bloemfontein die man met die fluitjie in die Curriebekereindstryd tussen die Vrystaat Cheetahs en die Blou Bulle wees.