Aanvanklike vrese dat die Goue Leeus se Springbokstut, Julian Redelinghuys, sy nek in Saterdag se halfeindstryd tussen die Goue Leeus en die Vrystaat Cheetahs in Bloemfontein gebreek het, is in ʼn verklaring deur die Leeus se spandokter, Rob Collins, besweer.
Alles deur die skrywer Wim van der Berg
Bulle sal nie net voorlangs teen WP stoei nie
Op die oog af lyk dit na ʼn stryd tussen die Blou Bulle se voorspelers en die agterlyn van die Westelike Provinsie in hulle halfeindstryd Saterdag op Loftus (18:00).
Boklose uitspeelwedstryde kom reeds baie jare
Die onbeskikbaarheid van Springbokke in die Curriebekerreeks en ook die uitspeelrondes is lánkal nie meer nuus of nuut nie.
Cheetahs se blits reg vir die Goue Leeus
Die Vrystaat Cheetahs se vleuelblits Sergeal Petersen is weer fiks en sal in Saterdag se Curriebekerhalfeindstryd teen die Goue Leeus in Bloemfontein uitdraf.
Vrygestelde De Jongh in WP-halfeindspan
Die Westelike Provinsie se afrigter John Dobson het ses veranderinge vir Saterdag se Curriebekerhalfeindstryd teen die Blou Bulle op Loftus aangebring.
Paige begin, Arno terug as kaptein teen WP
Die Springbokskrumskakel Rudy Paige begin sy eerste Curriebekerwedstryd van die jaar en op agsteman keer Arno Botha terug in die plek van Hanro Liebenberg en neem hy ook die kapteinskap van die Blou Bulle oor.
Geen plek vir Faf in Leeus se beginspan
Miskien is dit die rits verdedigingsblapse in sy laaste twee toetse, albei teen die All Blacks, wat gemaak het dat Faf de Klerk nie in die Goue Leeus se beginspan vir Saterdag se Curriebekerhalfeindstryd teen die Vrystaat Cheetahs is nie.
Só kan dit nie aangaan nie …
Só kan dit nie aangaan nie … Die grootste neerlaag teen die All Blacks, 15-57, die derde grootste in alle toetse in 125 jaar en ʼn afrigter wat eienaardighede kwytraak.
Poemas-foute maak dit makliker vir Wallabies
Die Wallabies is nou wel nie naastenby die All Blacks nie, maar daar was tog ooreenkomste in hulle 33-21-oorwinning oor Argentinië op Twickenham met die wedstryd vroeër Saterdag op Kingspark.
Alles dui op ʼn sege vir die All Blacks
Wêreldrugby se vernaamste en taaiste tweestryde die afgelope 95 jaar tussen die Springbokke en die All Blacks het verdun tot feitlik voorspelbare seges vir Nieu-Seeland – en só sal dit Saterdag in Durban seker weer wees.
Vier drieë binne tien minute vernietig Poemas-droom
Vier van hulle vyf drieë binne die bestek van tien minute het Saterdagaand aan die All Blacks ʼn oorwinning van 36-17 oor Argentinië in Buenos Aires besorg – en dit was nie so maklik soos die telling aandui nie.
Poemas se All Blacks-droom lyk onwaarskynlik
Nou vir die volle 80 minute, sal die Argentynse Poemas hulle voorneem voordat hulle Saterdagaand in die voorlaaste ronde van die Rugbykampioenskap teen die All Blacks speel.
WP red uitspeelkanse twee minute voor einde
Die Westelike Provinsie, in ʼn rukkerige tweede rat, het Vrydagaand sy wedstryd op Nuweland teen die Boland Kavaliers 30-28 gewen en na die derde plek op die punteleer en Curriebeker-halfeindstryd deurgeskuur.
Belangrike laaste naweek vir Curriebekerglorie
Die felste stryd van vanjaar se Curriebekerreeks wag waarskynlik op die spelers wat Vrydagaand vir die Goue Leeus en die Sharks op Ellispark uitdraf in ʼn wedstryd wat die sukses van die twee spanne se seisoen sal bepaal.
Sharks kies vyf Bokke; De Allende in WP-span
Die Sharks het vyf Springbokke ingesluit in die beginspan wat Vrydagmiddag op Ellispark teen die Goue Leeus speel.
Curriebeker: Marx, De Allende en Mvovo mag die naweek speel
Die Springbokafrigter Allister Coetzee het drie spelers van die Springbokgroep van 31 vrygestel en hulle is beskikbaar om die naweek vir hulle provinsiale spanne in die Curriebekerwedstryd te speel.
Leeus ruk laat reg, druk elf keer teen die Kings
Die Goue Leeus se brul was in die eerste halfuur teen die OP Kings in die Baai maar bra fyntjies, maar toe het hulle skielik vlamgevat en die telling van 7-elk binne tien minute na 26-7 teen rustyd verander en uiteindelik 71-7 gewen.
WP en Leeus gebruik hul Bokke, die Bulle nie
In teenstelling met die Goue Leeus en die Westelike Provinsie, sal die Blou Bulle nie die naweek in hul Curriebekerwedstryd van hul vrygestelde Springbokke gebruik maak nie.
SA Rugby se glips ontwrig halfeind-kandidate
SA Rugby het skielik besef dat sy ondeurdagte Curriebekerprogram dalk ʼn halfeindstryd en die toets teen die All Blacks op dieselfde naweek in Durban tot gevolg mag hê en het die datums van die uitspeelrondes met ʼn week aangeskuif.
Uitspeelplekke op die spel
Drie Curriebekerwedstryde word die naweek gespeel en al drie kan in mindere of meerdere mate ʼn invloed op die kwalifisering vir die uitspeelwedstryde hê.