Nóg ‘n Krejcir-vennoot doodgeskiet

Radovan Krejcir Foto: www.lidovky.cz

Radovan Krejcir Foto: www.lidovky.cz

‘n Man van Serbië is Saterdag tydens ‘n vermeende huisroof in sy huis in Bedfordview, Johannesburg, doodgeskiet.

“Die 54-jarige man is omstreeks 04:00 doodgeskiet,” het brig. Neville Malila, woordvoerder van die polisie, gesê. “Twee vermeende diewe het die man se huis deur ‘n oop venster op die eerste verdieping van sy huis betree. Hulle het die man se vrou wakker gemaak, haar aangesê om stil te bly en die ring van haar vinger afgehaal. Die man het toe wakker geword.”

Die verdagtes het op die man losgebrand en die vrou het begin skree en uit die huis gehardloop om die sekuriteit te ontbied.

“Die verdagtes het ‘n vuurwapen, selfone en R1 000 kontant gebuit,” het Malila gesê.

Twee vuurwapens is in ‘n sak buite die huis opgespoor. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Volgens Eyewitness News is die man van Serbië verlede jaar saam met Radovan Krejcir, omstrede sakeman van Tsjeggië, in hegtenis geneem in verband met ‘n gewapende roof.

Lees ook:
Krejcir-moordkomplot: Teenstrydighede in bewyse
Bedfordview-man by verkeerslig doodgeskiet; Krejcir ontken verbintenis
Krejcir-moordkomplot: Beskuldigde in hof
Krejcir-uitleweringsverhoor weer uitgestel
Krejcir weer in die hof
Krejcir se vermeende aanvaller dalk veiliger agter tralies
Krejcir se winkel beroof
Foto’s: Krejcir oorleef bisarre sluipmoordaanval

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.