Britse eerste minister Theresa May word Woensdag by ʼn noodberaad in Brussel verwag, waar sy leiers van die Europese Unie (EU) oor die Verenigde Koninkryk se jongste Brexit-planne moet inlig. Die Britte se besluit het ook ʼn direkte gevolg op Suid-Afrikaanse handelsbelange.
‘Stroper’ se oorskot op versoek van familie opgespoor
“Tekens op die toneel dui daarop dat ʼn trop leeus die oorskot van die oorledene opgevreet het en net ʼn skedel en broek het oorgebly.”
Rolprent oor Griekwastad-moorde gemaak
“Tot vandag word daar steeds geworstel met vrae soos ‘Hoekom? Hoe kan ʼn kind so iets doen? Kan so iets in my familie gebeur?’”
Man met bobbejaansleutel op kleinhoewe aangeval
Waarskuwing: Die foto’s in die berig is grafies van aard en mag sensitiewe lesers ontstel.
“Geen woorde kan my woede op die oomblik beskryf nie.”
Weerdiens waarsku oor donderstorms, hael
Suid-Afrikaners oor groot dele van die land moes die naweek sambrele uitpluk nadat reën uitgesak het.
Kaapse 2-jarige langs ma doodgeskiet
Die tweejarige seuntjie was saam met sy ma toe ʼn dwaalkoeël hom tref.
Nuuskommentaar: Wees positief – makliker gesê as gedaan, maar dit moet
Niemand met ’n nugter kop op sy lyf sal ontken dat die situasie in Suid-Afrika veel te wense oorlaat nie. Maar om in sak en as te gaan sit en die negatiewe te voed gaan niks aan die negatiewe verander nie. Redelike, kundige positiwiteit bly al opsie na blywende verandering ten goede.
Man dood tydens skietery op insleepvoertuig
Die man het in die insleepvoertuig op Sunfordweg gesit toe ʼn wit Toyota Etios verby ry en skote vanuit dié voertuig op hom afgevuur is.
Man sterf toe hy glo beheer oor voertuig verloor
‘n Woordvoerder van Netcare 911 het gesê paramedici is om 19:57 na die toneel op die M1 ontbied.
Twee sterf tydens Ysterman-kompetisie
Twee deelnemers is Sondag tydens die Ysterman-kompetisie in Port Elizabeth oorlede.
Soektog na vermiste 11-jarige eindig tragies
Tlhafelo Mego (11) wat Woensdag as vermis aangemeld is, se liggaam is in ʼn puttoilet in Noordwes gevind ná sy vermoedelik verkrag en vermoor is.
Voortvlugtige vier maande later aangekeer
Sbonelo Nkosingiphe Thwala (27) wat op 5 Desember 2018 van die Johannesburgse hooggeregshof ontsnap het, is weer in hegtenis geneem.
Twee beseer toe voertuig by vulstasie inrol
ʼn Man en ʼn vrou is Sondagoggend in die vroeë oggendure beseer toe die bestuurder beheer verloor het oor die motor, dit omgeslaan en by ʼn vulstasie in Randburg ingerol het.
Jong man deur honde verskeur
ʼn Begrafnisdiens sal Donderdag plaasvind vir Ruan van Staden (20) wat dood is toe hy deur twee honde aangeval is.
Vier vas oor moord by Kaapstad-vulstasie
Vier persone is in hegtenis geneem kort ná ʼn man by ʼn vulstasie in Kenilworth in Kaapstad doodgeskiet is.
ANC aangekla ná hulle ‘geweld aanhits’
Solly Msimanga, die Demokratiese Alliansie se premierskandidaat in Gauteng, het Sondag strafregtelike klagtes aanhangig gemaak teen die ANC nadat dié party glo geweld aangehits het in Alexandra in Johannesburg.
SA in die greep van korrupsie, bedrog en gierigheid, sê IVP-leier
Mangosuthu Buthelezi, leier van die Inkatha Vryheidsparty (IVP) het Saterdag gesê Suid-Afrika is onder aanval, maar die vyand kom nie van buite met vuurwapens en messe nie; die wapens is korrupsie, bedrog, gierigheid en ontkenning.
Sewe in Gauteng doodgeskiet
ʼn Taakspan is aangestel om die skuldiges vas te keer ná sewe persone die afgelope naweek in Springs, Tsakane en KwaThema in Ekurhuleni doodgeskiet is, het die Gautengse polisie Sondag gesê.
Twee vas wat met ietermagô betrap word
Twee persone van Malamulele in Limpopo is in hegtenis geneem toe ʼn ietermagô in hul besit gevind is.
Seun ontvang jare later Reddingsboei vir dapperheid
“Hierdie is nie net ʼn verhaal van moed en dapperheid nie, maar ʼn getuienis van ʼn seun se liefde vir sy pa.”