SA beskuldig Israel van ‘oorlogsmisdade, volksmoord’

Pres. Cyril Ramaphosa (Foto: GCIS)

Pres. Cyril Ramaphosa het Dinsdag opnuut Israel van oorlogsmisdade en volksmoord in die Gaza-strook beskuldig.

Ramaphosa het as voorsitter van ʼn buitengewone beraad van die Brics-nasies opgetree, wat daarop gemik is om ʼn gemeenskaplike reaksie op die konflik tussen Israel en die Palestynse militante groep Hamas te formuleer.

“Die gemeenskaplike straf van Palestynse burgerlikes deur die onwettige gebruik van geweld deur Israel is ʼn oorlogsmisdaad,” het hy gesê.

“Die doelbewuste weerhouding van medisyne, brandstof, kos en water aan die inwoners van Gaza is gelykstaande aan volksmoord.”

Die gevegte tussen Israel en Hamas woed al vir langer as ʼn maand, maar onderhandelinge is tans aan die gang om diegene te bevry wat op 7 Oktober deur Hamas as gyselaars geneem is.

Ismail Haniyeh, leier van Hamas, het óók Dinsdag gesê ʼn wapenstilstandooreenkoms met Israel is in sig.

Ramaphosa het op tuisbodem gevra dat ʼn “onmiddellike en omvattende wapenstilstand” aangekondig word en dat die Verenigde Nasies (VN) sy magte ontplooi om die stilstand te monitor en “burgerlikes te beskerm”.

“As individuele lande het ons ons ernstige kommer oor die dood en vernietiging in Gaza uitgespreek,” het hy aan die beraad gesê.

“Laat hierdie vergadering dien ​​as ʼn duidelike oproep vir ons om ons pogings te kombineer en ons optrede te versterk om hierdie historiese onreg te beëindig.”

Die regering is lank reeds ʼn ondersteuner van die Palestynse saak en het onlangs stappe gedoen in die konflik tussen Hamas en Israel.

Suid-Afrika het vroeër vandeesmaand al sy diplomate uit Israel teruggeroep en was verlede week een van vier ander lande wat die Israelse regering se optrede formeel na die Internasionale Strafhof vir ondersoek verwys het.

Israel se departement van buitelandse sake het ook reeds sy ambassadeur in Suid-Afrika uit Pretoria teruggeroep.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Jan Jacobs ·

Enige een wat dit ontken bly onder n klip hulle doen dit van 1948 af.

Arno ·

Vir ‘n populasie van net onder 950’000 was in 1950 tot net onder 5.5 miljoen vandag sal ek nie beskou as ‘n volksmoord nie. U weet nie waarvan u praat nie en so ook Ramaposha.

Arno ·

As dit ‘n volksmoord was, doen Israel ‘n bitter swak werk. Hulle het die vermoeë om dit wel te doen, maar hulle doen nie, want hulle is net agter Hamas aan. Hamas skuil agter vroue en kinders. Ongelukkig sal daar altyd onskuldige mense dood gaan gedurende ‘n oorlog.

As Palestine die oorhand/mag gehad het, sou hulle nie 2 keer dink om Irael uit te rooi nie. Daai kreet van “from the river to the sea” is ‘n kreed vir volksmoord op Israel.

Die ANC pleeg volksmoord dagliks. Hulle was ook lief daarvoor om onskuldige mense dood te maak deur om publieke areas aan te val gedurende Apartheid. So ek verwag nie van hulle om te verstaan wat reg of verkeerd is nie.

Ragnarok ·

Eintlik die afgelope 6000 jaar. Groot stede vernietig. Man vrou, kind en diere uitgewis.

Jan Jacobs ·

So jy ondersteun, moord op kinders, en vrouens en christene wat in Gaza bly, daai was die palestyne se land, gaan lees die geskiednis.

Jakkie ·

Ai Jan. Israel se geveg is met Hamas. Hamas gebruik Palistynse mense as shields. In die eindtyd draai alle nasies teen Israel. Wat nou gebeur. Maar almal vergeet van die gebeure op 7 Oktober.

Arno ·

Stem saam. Bietjie tyd dat Hamas die nagevolge van hulle aksies leer. Israel moet nie stop tot Hamas vernietig is nie. Net dan sal daar vrede wees.

annie ·

Die ANC was groot vriende met Arafat en het hom met sy besoek ‘n paar jaar gelede in die Kaap onthaal. Moontlik is Mandela en andere in ballingskap destyds deur die Palestyne en/of Hamas ondersteun vandaar die groot lojaliteit. Die DA se gekuier by Zelensky en Biden en kritiek teen die Russiese skip, het Cyril verder verbitter.

Petrus ·

Moet asseblief nie sê Suid Afrika beskuldig Israel nie, sê die ANC en Cyril Ramaphosa beskuldig Israel. Ek is ‘n Suid Afrikaner, maar nie deel van hulle beskuldigings en besluite nie.

Johann ·

Komende van ‘n rugraatlose leunaar en hoof kameraad van sy eie terroris organisasie, in ‘n land waar DUISENDE mense vermoor word…IN YOUR FACE! JY PRAAT NÍE NAMENS SA NIE.

Arno ·

Ek wou ook dieselfde sê. In ‘n land waar ons 68 moorde ‘n dag het en waar ons verkragting syfer een van die hoogste ter wêreld is, moet Ramaphosa liewers sy mond hou.

Theresa ·

Kan nie meer saamstem nie….ek stel voor SA hou hom uit hiérdie storie!

Francois ·

Mnr die President, wat van jou maaitjie in Rusland, doen hy nie dieselfde nie?

Net-my-opinie ·

Ou huigelaar, en wat van die oorlog tussen Oekraïne en Rusland? Wie ondersteun julle daar of kies julle net kant as dit vir julle welgevallig is? My 2c is, hierdie onbesonnenheid van jullr, gaan julle nog duur te staan kom. Julle gaan aan die verkeerde kant van die geskiedenis staan Mnr die president. Julle is gewaarsku!

Arno ·

Die ANC staan aan die verkeerde kant nou al vir ‘n lang ruk. Vir een of ander rede is die Wes te blind om dit te sien. Ek is al verbaas dat ons geen sanksies teen ons het nie.

Cornel ·

Cyrill en kie (ANC & EFF) moet aangekla word van volksmoord. Dis net om die aandag van SA af te lei

Arno ·

Hulle het gou vergeet hoe hulle al die moord, waarin hulle betrokke was, gedurende die Mense oorlog aan NP beskuldig het. Hukle het ook lekker vroue en kinders gebruik as skulde. Geen wonder hulle ondersteun Hamas, want hulle gebruik dieselfde onmenslike metodes om te moor as die ANC in die 80’s.

Hennie Biebouw ·

As jy na die statistieke kyk van die bevolkingsgroei in Gaza die laaste 10 jaar, dan kan mens nie help om te voel dat Israel absoluut nutteloos is wanneer dit by die sogenaamde “volksmoord” kom … Sien, die probleem wat die Kaders het is dat hul hul siele aan die wêreld se muishonde verkoop het…en nou maar uit lojaliteit moet saam kopknik…

Aries ·

Cyrill is die LAASTE EEN WAT KAN PRAAT OOR VOLKSMOORD – maar dit is omdat hy nie weet wat in sy eie land aangaan nie en nou soek hy witvoetjie by ander lande- Cyrill sé weinig iets oor boere wat voor die voet vermoor word nie-WAT IS DIT ANDERS AS VOLKSMOORD!!!!!

Papsak ·

Ag asb Ramaphosa kyk liewers in jou land as jy wil praat van volksmoord is dit liewers wat voor jou deur le nie maar jou mond is vol oor Israel ek sien geen fout in hulle nie hulle het nie die oorlog begin nie maak oop jou oe en snoer jou bek Irael bly bo kyk liewers hoe wreed vermoor jou mense ons boere en ander wittes dan praat ons weer maar vir nou hou jou bek toe los Irael uit hulle is onskuldig nie skuldig nie kyk wat het jou vriend in Rusland ook gedoen en niks pla hom nie net soos jy oor ons land se mense niks gepla is nie vat jou goed en gaan bly in Rusland !!!!!!!!

Adriana ·

Mnr Ramaphosa wat gebeur in jou eie land, jy het nie ñ idee wat hier aangaan, kyk na jou statistieke, die moorde hierin SA is meer as wat daarin die Gaza en Israel aangaan, nou wil jy Israel blameer vir volksmoord, wake-up begin by jouself en wat in hierdie land aangaan.

Skadu ·

Moenie dat ‘n oorlog in ‘n ander land ons mense hier verdeel nie.

Daar word ‘n illusie geskep dat ons ‘n kant moet kies.

Petrus ·

Moet asseblief nie sê Suid Afrika beskuldig Israel nie, sê die ANC en Cyril Ramaphosa beskuldig Israel. Ek is ‘n Suid Afrikaner, maar nie deel van hulle beskuldigings en besluite nie.

AREND1 ·

Wil hy nou vir Amerika beveel wat hulle moet doen.Gaza het in die eerste plek vir Israel aangeval.

Arend ·

Is dit nie die geliefde EFF wat sê en glo dat “violence can only be ended by violence” nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.