Brussel-lughawe het alle vlugte opgeskort weens ʼn staking deur lugverkeerbeheerders ná selfmoordbomaanvalle verlede maand.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Brussel-aanvalle"
Europa se duur les ook van toepassing op Afrikaners
Vlugte vanuit die Belgiese hoofstad Brussel is hervat ná die terreuraanval wat 35 lewens gekos het. Die terugkeer na normaliteit geskied egter teen die agtergrond van ʼn Europa wat eenvoudig nie die vaagste benul het hoe om die terroristekwessie of selfs die immigrantekwessie te benader nie.
Brussel-aanval: ‘Man met hoed’ aangekeer
Mohamed Abrini (31), wat Vrydag in Brussel aangekeer is, het erken dat hy die “man met die hoed” is wat op kringtelevisiebeeldmateriaal te sien was voor die aanvalle by die stad se lughawe.
Eerste Brussel-vlug ʼn ‘teken van hoop’
ʼn Vliegtuig van die Brussel-lugredery onderweg na die Portugese stad, Faro, was Sondag die eerste passasiersvlug wat by die Brussel-lughawe opgestyg het sedert die selfmoordbomontploffings op 22 Maart deur die lughawe se vertreksaal geruk het.
Brussel-lughawe gereed om te heropen
Die Brussel internasionale lughawe is gereed om te heropen na die selfmoord-bomaanvalle in die Belgiese hoofstad, waarin meer as 30 mense verlede week gesterf het.
Brussel-verdagte vrygelaat weens gebrek aan bewyse
ʼn Persoon wat in aanhouding was en aangekla is van terreurdade in Brussel, België, is vrygelaat weens ʼn gebrek aan getuienis, het die Belgiese federale staatsaanklaer Maandag gesê.
Nuuskommentaar: Wat laat ʼn selfmoordterroris ‘tik’?
Onlangse selfmoordbomaanvalle plaas weer die kwessie van wat iemand inspireer om ’n selfmoordbomaanvaller te word onder die loep.
Brussel-ontploffings: Dokters gaan traumaberading benodig
‘n Dokter wat in Afghanistan diens gedoen het, het gesê sy kollegas gaan waarskynlik na die tyd sielkundige berading benodig om dit wat hulle gesien het, te verwerk.
Brussel-aanval: Aanvallers geïdentifiseer
Die Belgiese uitsaaidiens RTBF het twee aanvallers, wat Dinsdag deel was van die bomaanvalle in Brussel, uitgeken as die broers Khalid en Brahim Bakraoui.
Nuuskommentaar: Internasionale terreur en staatsterreur
Die bomaanvalle in Brussel is ’n herinnering dat daar nie so iets soos ’n goeie terroris is nie. Suid-Afrikaners het dit eerstehands ervaar. Terreur is iets wat met hand en tand beveg moet word, al word dit uiteindelik eers in die stryd om harte besleg.
Brussel-aanval: IS aanvaar aanspreeklikheid
Militante van die Islamitiese Staat is verantwoordelik vir die bomontploffings Dinsdagoggend in Brussel, België, het die ekstremistiese groep se Amaq Agency gesê.
België-Frankryk-grens bly oop
Veiligheidsmaatreëls op die grens tussen Frankryk en België is opgeskerp, maar ʼn bron in die Belgiese krisissentrum het aan Sputnik-nuusagentskap gesê die grens is nie gesluit nie.
België-aanvalle: Selfmoordbom bevestig; grens tussen België en Frankryk gesluit
Die grens tussen Frankryk en België is Dinsdag gesluit ná bomontploffings in Brussel.
Ontploffings ruk deur Brussel-lughawe, -treinstasie
Twee ontploffings by ʼn lughawe en ʼn treinstasie het Brussel, die hoofstad van België, Dinsdag geruk.