Chris Lamprecht (88) is verlede week tydens die jaarlikse Andrew Murray-prysfondsgeleentheid in Stellenbosch vereer met die eerste Andrew Murray-FAK-toekenning vir die bevordering van Christelike musiek.
Alles vir die sleutelwoord "FAK"
Nooit of nou – ShoNeill
Met verlede jaar se Afri-Visie-kompetisie op kykNET, het die publiek vir die eerste keer van ’n aantal nuwe liedjieskrywers en kunstenaars kennis geneem. Een van hulle is ShoNeill, wie se eerste album, Nooit of nou, pas vrygestel is.
Worsie het Weskus-musiek gewild gemaak
Dit is presies wat met “Boesmanland” gebeur het. Die Suid-Afrikaanse musiekbedryf het vir die eerste keer van dié liedjie kennis geneem toe ’n sanger van Vredendal dit op sy naam laat registreer het en nuwe woorde daarvoor geskryf het.
Resensie: ‘As jy weet dis liefde’ – Charlize Berg
Charlize Berg het omtrent drie jaar gelede haar debuutalbum uitgereik. Dit was ʼn album wat verskeie treffers opgelewer het, onder meer “Waar is jy Romeo?”, “Jy’t belowe” en “Sit my net saggies neer”. Dié album is later heruitgereik nadat sy ’n treffer met “Hallo hallo” gehad het.
Afrikaanse rockmusiek in goeie hande
Skrywers soos Anton Goosen, Koos Kombuis en Valiant Swart is steeds aktief en meer gewild as ooit. Alhoewel sokkie-bokkie-treffers en kommersiële popmusiek steeds meer albums verkoop, hoef Afrikaanse rockmusiek glad nie terug te staan vir hoofstroommusiek nie.
Resensie: ‘Digters en hul songs’
Te midde van die oorvloed oppervlakkige Afrikaanse musiek wat heeldag oor die radio gespeel word, is daar tog ’n handjievol kunstenaars wat vorendag kom met liedjies met iets om die lyf.
Resensie: Chris Else
Chris se eerste album, Gee my nog ’n kans, is twee jaar gelede uitgereik, maar om die een of ander rede het dit nie juis radiolugtyd gekry nie. Hierdie album gaan die meeste mense se eerste kennismaking met sy musiek wees.
Kunstenaar van die week: Wouter van de Venter
Danksy Wouter se meesterlike kitaarspel en naam as ghoeroe-liedjieskrywer, word hy ook deur Laurika Rauch genader. Hy begelei haar op die kitaar vir drie jaar. Hulle het onder meer by die Royal Albert Hall en Wembley in Engeland opgetree. Die topteaters in Suid-Afrika het ook vir Laurika met Wouter en sy span gehuisves. “Dit was die beste drie jaar van my lewe,” beaam Wouter.
Janita Claassen (1947–2005)
Op 24 Oktober 2005 het Suid-Afrika een van die gewildste Afrikaanse kunstenaars verloor toe Janita Claassen aan kanker oorlede is.
Wat is country-musiek?
Country-musiek is ’n gewilde musiekgenre met sy oorsprong in die 1920’s in die suidelike state van Amerika. Dit is ’n vermenging van ballades en opgewekte dansliedjies wat hoofsaaklik gespeel word deur ’n kitaar, viool, banjo en perkussie. Hierdie oorsprong kan ook nog verder teruggevat word na Ierland.
Helene Bester vier haar 40ste verjaardag
Vryheidsdag 2016 was vir Helene Bester nie sommer net nog ’n dag nie, want op dié dag het sy haar 40ste verjaardag gevier.
Van Boererock tot Afrikaanse volksmusiek
In 1998 het Charles Smidt die groep Beeskraal gestig as ’n alternatief vir die Afrikaanse musiek wat in daardie stadium gewild was. Daantjie Badenhorst het met hom gesels oor dié groep se musiek, asook dit waarmee hy tans besig is.
Kunstenaar van die week: Rudi Muller
Hierdie talentvolle geestelike sanger is glad nie ’n vreemde naam in die bedryf nie. Rudi is gebore in Nigel waar hy vandag steeds woon en het reeds vanaf sesjarige ouderdom met talentkompetisies sy voorliefde vir musiek gewys.
Modder en Bloed klankbaan
Bravo weereens vir ’n A-klas produksie vanaf Coleske Artists. Enige goeie film word deur sy musiek gedra. Die musiek is so belangrik soos die film self en moet bydra om die visuele meer impak te gee.
Resensie: 4 Warm – 4 Werke
Een van die beste maniere waarop ’n platemaatskappy seker kan wees van sukses, is om vier solokunstenaars bymekaar te bring en ’n supergroep te stig.
Van Ska-rumba tot Hambamba
Een van die suksesvolste Afrikaanse sangeresse tot nog toe het vandeesweek haar 45ste verjaardag gevier.
Juanita du Plessis is op 26 April 1971 in Gobabis in Namibië gebore; hier is ’n oorsig van ’n aantal van haar hoogtepunte.
Treffers van die 80’s
Aangesien die 1980’s een van die gewildste dekades in die geskiedenis van die internasionale musiekbedryf is, is daar al baie versamelings met hierdie dekade se musiek uitgereik.
Eerste Afrikaanse treffer ’n halfeeu oud (1974 tot 1984) – Deel 2
Op 22 April 1966 het die heel eerste Afrikaanse treffer tot Springbok Radio se Top 20 toegetree. Hier is die tweede deel van my oorsig oor die Afrikaanse liedjies wat op die Top 20 was; hierdie keer van 1974 tot 1984, toe die laaste een wat die trefferslys gehaal het, uitgesak het.
Eerste Afrikaanse Top 20-treffer ’n halfeeu oud (1966-1973)
Dit is vandeesweek presies 50 jaar sedert die heel eerste Afrikaanse treffer tot Springbok Radio se Top 20 toegetree het, en daarom is dit dalk goed om met ’n kritiese oor te luister na die Afrikaanse treffers wat die Top 20 gehaal het.
Kunstenaar van die week: MD Greyling
MD Greyling is geen onbekende in die musiekbedryf nie. Op ’n vroeë ouderdom het MD al die liefde vir klavier en kitaar ontwikkel; dit was egter sy skryfwerk en stem wat hom na hoë vlaktes gelei het.