Die beste presteerders in die Afrikaanse mediawêreld is op 13 Mei by Vodacom World in Midrand met ’n Mediaveertjie deur die ATKV bekroon.
Lees meerAlles vir Vrydag 13 Mei 2016
[Video] Facebook herenig susters ná meer as 60 jaar
ʼn Video van twee susters se emosionele hereniging vandeesweek ná meer as 60 jaar het sosialemediagebruikers behoorlik in trane.
Veiligheidswag doodgeskiet tydens kitsbank-bomaanval
Die polisie in Mpumalanga is op soek na ʼn groep van sowat vyf mans wat vroeg Vrydagoggend ʼn kitsbank by ʼn winkelsentrum in Ermelo opgeblaas het.
Man gevonnis ná hy dogter verkrag
ʼn 33-jarige man van die Oos-Kaap is gevonnis vir die verkragting van sy 11-jarige dogter.
Polisie soek dié vermiste Port Alfred-mans
Die polisie in Port Alfred het die publiek se hulp versoek in ʼn poging om twee vermiste mans, onderskeidelik 26 en 68 jaar oud, te probeer opspoor.
‘As NVG Zuma nie aankla nie, gaan ons weer hof toe’
Die DA het Vrydag gesê hy sal weer die hof nader indien die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) die “ondeurdagte” besluit neem om pres. Jacob Zuma nie aan te kla nie.
Polisieman ondersoek oor rassistiese kommentaar
Die polisiebeampte beweer dat sy broer die uitlatings gemaak het.
Die wêreld in foto’s – 13 Mei 2016
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Kospryse: Dit kan jy verwag
Boere kry swaar in die voortslepende droogte en dit het ʼn domino-effek wat almal gaan raak, van primêre produsente tot verbruikers, meen Johan Pienaar, adjunk uitvoerende direkteur van Agri SA.
[Foto’s] Badtyd: Prettige foto’s wys diere se ontsteltenis
Troeteldierliefhebbers weet goed: jy moet meeste vierpotiges liefs ver weg hou van ʼn druppende kraan of selfs net die woord “bad” kan die hele huishouding in rep en roer hê.
Tiener slaan man glo met krieketkolf dood
ʼn Tiener is in Noordwes in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn 29-jarige man met ʼn krieketkolf doodgeslaan het.
Bfn-waterfront verduidelik oor voorval met roeiers
Die Loch Logan Waterfront in Bloemfontein het ʼn onlangse voorval betreur toe polisiebeamptes glo gedreig het om roeiers in hegtenis te neem omdat hulle “sonder toestemming” met kano’s op die water geroei het.
[Video] Die beste geskenk
ʼn Kort fliek deur Jacob Frey oor ʼn seun wat ʼn geskenk kry, steel almal se hart wie dit kyk.
Rian laat evangelis warm onder die kraag
Die uitgesproke JacarandaFM-omroeper Rian van Heerden het ʼn Pretoriase evangelis en talle mense warm onder die kraag nadat hy vandeesweek ʼn stelling gemaak het oor gode se siening oor gays.
Vrystaat-boer aangerand oor kluissleutel
ʼn Boer is herhaaldelik aangerand nadat hy en sy vrou Woensdag helder oordag op ʼn plaas buite Hertzogville in die Vrystaat oorval is en hy glo geweier het om die kluis vir die aanvallers oop te sluit.
Wys hoe mooi is Suid-Afrika met jou foto’s
Spog met jou gunstelingfoto’s van Suid-Afrika in ‘n unieke boek.
ANC maai wat hy saai in Vuwani
Die gebeure in die Vuwani-streek in Limpopo is ’n uitstekende mikrokosmos van SA se probleme en foute. Dit is ook ’n harde ironiese eggo van die verlede in die hede.
[Resep] Sjokolade-pekanneuttert
So ietsie soets vir die naweek is mos nie te versmaai nie…
Man, vrou sterf in motorfietsongeluk
ʼn Man en vrou, albei in hul 50’s, is Vrydag dood toe die motorfiets waarop hulle gery het teen ʼn versperring langs die N3-snelweg in KwaZulu-Natal gebots het.
Maatskappye moet dalk 51% aandele weggee vir SEB
Maatskappye wat voortaan met enige staatsdepartement sake wil doen, sal 51% swart aandeelhouding moet hê.