Jy kan nie op jou eie die pad terugvind nie; daarvoor het jy ‘n Leermeester en Leier nodig wie se dissipel (leerling) jy kan word sodat Hy vir jou die pad kan wys. Meer nog: Iemand wat vir jou die pad terug na die Bron kan word.
Alles vir die sleutelwoord "Jannie Pelser"
ToekomsVenster: Die versoeking – julle sal soos God wees
Tog is dit belangrik dat jy eers moet raaksien wat die sondeval in en aan jou gedoen het, hoe ons almal daardeur geraak en skeefgetrek is. As jy dit nie raaksien en erken nie, sal jy noot verstaan waarom jy verlos moet word en wat dit beteken om ‘n dissipel van Christus te word nie.
ToekomsVenster: Geskep as God se verteenwoordiger
Nog ‘n taak wat God in gedagte gehad het vir die mens, was om Hom te verteenwoordig en om saam met Hom oor die skepping te heers.
ToekomsVenster: Geskep om in gemeenskap met God te leef
Die bedoeling is dus dat die mens volledig deel in alles wat God het en is; dat ons deel van daardie volmaakte gemeenskap tussen Vader, Seun en Heilige Gees sal wees.
ToekomsVenster: Laat die Here jou lei
Ds. Jannie Pelser herinner jou in vandag se ToekomsVenster-oordenking dat jy die leisels van jou lewe in die Here se hande moet laat.
ToekomsVenster: ʼn Diep vrede ten spyte van
Ds. Jannie Pelser van die ToekomsVenster-inisiatief som in vandag se oordenking die boodskap van die eerste 50 Psalms op.
ToekomsVenster: Julle het reeds die ewige lewe
Die God van die Bybel, die Vader van ons Here Jesus Christus, deur die Heilige Gees is ons (my) God. Onverstaanbaar en onverdiend wonderlik.
ToekomsVenster: Vreugde ʼn kenmerk van gelowiges
Vreugde is een van die onderskeidende kenmerke van gelowiges. Paulus maan ons om altyd bly te wees in die bekende Fil. 4:4.
ToekomsVenster: Bedaar en erken dat Ek God is
Mag die onstuimigheid in jou binneste oor watter saak ook al tot bedaring gebring word deur die Gees van kalmte en vertroue wat binne in jou woon.
ToekomsVenster: Getuig my eie lewe van integriteit?
Mense stel ʼn hoë premie op geloofwaardigheid en integriteit. Selfs al sou hulle self anders leef, verwag hulle (ons het mos maar somtyds dubbele standaarde) ʼn ander manier van optrede by hul leiers.
ToekomsVenster: Eietydse verhale van God se guns
Ouers behoort met hul kinders te gesels oor eietydse verhale (hul ervaring) van God se guns en goedheid. Daar is baie verhale binne huishoudelike en nasionale konteks wat op geen ander manier as God se bonatuurlike sorg interpreteer kan word nie. Hy is betroubaar in alle opsigte.
ToekomsVenster: Hy is betroubaar in alle opsigte
Ouers behoort met hul kinders te gesels oor eietydse verhale (hul ervaring) van God se guns en goedheid. Daar is baie verhale binne huishoudelike en nasionale konteks wat op geen ander manier as God se bonatuurlike sorg interpreteer kan word nie.
ToekomsVenster: Vertrou op God
Vertrou liewer op God, sê die digter. Hy sal jou nie teleurstel nie.
ToekomsVenster: Smagtend na God
Ek bid dat die Here vir elkeen van ons iets van hierdie onversadigbare honger na sy Woord en Gees sal gee.
ToekomsVenster: Uitdagende tye is goeie tye
God is op ‘n besondere manier betrokke en teenwoordig waar mense swaarkry. Ons loop Hom dalk beter raak tussen die plakkershutte en staan-maak skuilings, as op baie ander plekke.
ToekomsVenster: Getuie van God se goedheid
Jesus se opstanding waarborg en begrond ons opstanding, vandag, môre en eendag met Sy wederkoms. Jy moet vertel, mense het die hoop wat jy deur jou getuienis kan bring só nodig.
ToekomsVenster: Vertrou op God
Dit beteken niks anders as om God nuut te vertrou al lyk dinge krom en skeef nie. Is jy bereid om God (weer) ‘n kans te gee?
ToekomsVenster: Maak plek vir buitestaanders
Is daar binne jou verwysingsraamwerk plek en ruimte vir buitestaanders, ook vir mense wat nie van jou groep is nie. Is jul gemeente ʼn vriendelike plek, waar veiligheid en warmte uitgestraal word?
ToekomsVenster: Soek na God se rus
Is jy moeg en oorlaai, uitgeput en gestres? Kom eenkant. Soek na God se rus. Beleef die rustigheid van sy teenwoordigheid sodat jy met nuwe energie na jou konteks kan terug gaan.
ToekomsVenster: God is goed, altyd goed
God is goed, altyd goed, sing ʼn liedjie. Borrel vandag oor van sy liefdevolle omgee in jou lewe. Gee Hom die erkenning en dankbaarheid wat pas by sy grootheid en almag.