Luister ook na die podsending met Anneli se Kerswens vir jou.
Alles vir die sleutelwoord "Kerswense"
[Video] TBF: ‘Koop geskenke betyds vanjaar,’ sê Rian
“Soos gewoonlik gaan die winkels stampvol wees nét voor Kersdag,” waarsku hy speels, “en ek gaan soos altyd uitstel tot heel laaste. Ek wil asseblief nie in rye staan nie,” verduidelik hy.
[Video] TBF: ‘ʼn Groen Kersfees met natuurklanke,’ vra Ilse
“ʼn Groen Kersfees. Dís wat ek wil hê, vir almal van ons.” So sê aktrise en sangeres Ilse Roos. “Met heerlike kos, heilige wyn en natuurklanke.”
[Video] TBF: ‘Merrie Krismis, my tjomma,’ sê Sorina en die Flooze
Sy het haar alter ego, die Flooze, ook saamgebring om ʼn Kersstaaltjie te vertel. Sy vertel geesdriftig van haar kêrel wat een Kersfees vir haar ʼn angelier met ʼn liggie in gekoop het. “Die “batteries” kry ek Valentynsdag,” sê sy opgewonde.
[Video] TBF: ‘Ons mis gaafheid in Suid-Afrika,’ sê Marion
Marion Holm, een van Suid-Afrika se gewildste aktrises, sê ons kort gaafheid en vrygewigheid in Suid-Afrika. Haar hoop is dat mense hierdie Kersfees met mekaar sal gaaf wees.
[Video] TBF: ‘Twaalf dae van Kersfees, nie twaalf weke,’ spot Kaz
“As jy voor die 13de ‘Jingle bells’ hoor, hardloop,” maan hy grappenderwys. “As jy ʼn Kersboom sien, loop ʼn wye draai en as jy ʼn Kersgeskenk kry, hou hom.”
[Video] TBF: Rina Nienaber se skreeusnaakse wenke vir die feesseisoen
Die veteraan aktrise Rina Nienaber stel voor dat jy hierdie Kersfees seker maak jy pos jou geskenkpakkies betyds. “Sodat die poskantoor dit betyds kan verloor,” vertel sy.
[Video] TBF: Baie foto’s en geen gemmerkoekies, vra CH2
“Kersfees is ’n tyd van gee en nie neem nie,” sê Leon Gropp, die een helfte van die talentvolle kitaarduo, CH2. “Al wat jy dié feesseisoen moet neem, is foto’s,” spot hy. Corneille Hutten-Burger, die ander helfte van die groep, skerts dat mense wat altyd vir hom gemmerkoekies koop, dit nie vanjaar moet doen nie.
[Video] TBF: Familie is tydens feesseisoen só belangrik, sê Jak
Jak de Priester is nie net ʼn sanger, skrywer en akteur nie, maar hy is ook ʼn groot gesinsman. “Kerstyd is die tyd wat jy by jou familie moet wees waar almal vir mekaar sê ons het mekaar lief,” vertel Jak.
[Video] TBF: ‘Skenk ons ʼn helder Somerkersfees,’ sing Karen Wessels
Karen Wessels, bekende aktrise en sangeres, is duidelik versot op haar twee hondekinders, Saartjie en Pieter. Sy het met hulle in haar arms ʼn kort a capella-stukkie van Somerkersfees deur Koos du Plessis vir Maroela Media op video vasgevang.
[Video] TBF: ʼn Régte kroon vir Kersfees, vra Margit
Suid-Afrika se geliefde aktrise, Margit Meyer-Rödenbeck, sê sy wil graag vanjaar ʼn regte kroon in haar Kerskous kry. “Ek dra my ses-jarige dogtertjie sʼn om takies in die huis verrig waarvan ek effe minder hou,” skerts die blonde aktrise.
[Video] TBF: ‘Ek slaan nou nog in ʼn koue sweet uit,’ lag Pedro Kruger
“Ek moes een Oukersaand, al die pad Suid-Afrika toe op ʼn bus terug van Namibië, na Boney M se Kersmusiek luister. Nou nog, wanneer ek dit hoor, slaan ek in ʼn koue sweet uit,” skerts Pedro Kruger.
[Video] Teaterbystandsfonds – Deon Meyer vertel Sinterklaas verhuis dié jaar Loxton toe
Deon Meyer, bekende misdaadskrywer, vertel hoe Sinterklaas van die Noordpool na Loxton in die Wes-Kaap verhuis het.
[Video]: Teaterbystandsfonds – Leandie du Randt raas met Kersvader omdat Kersgeskenke laat is
Leandie du Randt, aktrise en splinternuwe mevrou Bouwer Bosch, het ʼn appeltjie met Kersvader te skil.