ʼn Man in sy laat 40s, geklee in ʼn Superman-uitrusting, is Saterdag van Tafelberg af gered.
Lees meerAlles vir Saterdag 5 Desember 2015
SA op rand van rommelstatus
ʼn Ekonoom het gewaarsku Suid-Afrika is op die rand van rommelstatus nadat die kredietgraderingsagentskap Standard & Poor’s (S&P) Suid-Afrika se buitelandse valutakredietgradering van stabiel na negatief hersien het.
Aberdeen-plaasmoord: Man ondervra
Die polisie in die Oos-Kaap het bevestig dat iemand ondervra word in verband met die moord op die 75-jarige Schalk Featherstone.
[Video] TBF: ʼn Régte kroon vir Kersfees, vra Margit
Suid-Afrika se geliefde aktrise, Margit Meyer-Rödenbeck, sê sy wil graag vanjaar ʼn regte kroon in haar Kerskous kry. “Ek dra my ses-jarige dogtertjie sʼn om takies in die huis verrig waarvan ek effe minder hou,” skerts die blonde aktrise.
Vier polisiebeamptes sterf in ongeluk
Vier polisiebeamptes is Vrydagaand in ʼn ongeluk op die N2 in Harding, KwaZulu-Natal, dood.
Reuse aardbewing tussen SA en Australië
’n Aardbewing met ’n sterkte van 7,1 het in die see tussen Suid-Afrika, Australië en Antarktika voorgekom.
Student ernstig beseer in val
ʼn 18-jarige student is ernstig beseer nadat hy glo uit ʼn venster van ʼn studentewoning in Kaapstad geval het.
UV se raad sê ja vir Engels
Die raad van die Universiteit van die Vrystaat (UV) het ʼn voorstel dat Engels die primêre medium van onderrig moet word, goedgekeur.
12-jarige deur weerlig doodgeslaan
ʼn 12-jarige seun is in Howick in KwaZulu-Natal deur weerlig doodgeslaan.
Ontsnapte loop rieme styf
Theo Botha (56), wat tronkstraf uitdien vir die moord op sy dogter en ʼn huishulp en wat vroeër die week uit aanhouding ontsnap het, is weer in hegtenis geneem.
Man vermoor, vrou erg verniel in plaasaanval
Die polisie is op soek na ses verdagtes in verband met ʼn plaasmoord in die Spruitfontein-omgewing naby Rustenburg in Noordwes.
Ses dood, talle beseer in KZN-ongelukke
Ses mense is Vrydagaand dood en 37 beseer in ongelukke aan die KwaZulu-Natalse suidkus.
Gedagte vir die dag: Dankbaarheid oor elke wonder
Wees altyd bly. Bid gedurig. Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag. (1 Tessalonisense 5:16-18)