Meyerton se puik seisoen in die Valke se Kestrelliga het Saterdag tot `n einde gekom toe hy in die eindstryd die knie moes buig.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Kestrelliga"
Valkeliga: Meyerton, Edenvale deur na eindstryd
Meyerton en Edenvale pak mekaar Saterdag in die eindstryd van die Valke se Kestrelliga.
Valkeliga: Meyerton oorskadu Edenpark
Meyerton het Edenpark Saterdag geheel en al oorskadu in die spanne se kragmeting in die Valke se Kestrelliga.
Valkeliga: skeidsregter ‘lak’ glo ‘driedrukker’
`n Skeidsregter wat as ‘t ware `n speler “gelak” het deur glo met `n oop doellyn voor hom in te hardloop, het `n Oos-Randse klub kwaai die josie in.
Valkeliga: Meyerton trek grootwild plat
Die voorloper in die Valke se Kestrelliga het Saterdag sy posisie verstewig deur die Buffels op sy tuisveld op Balfour plat te trek.
Valkeliga: dissipline kos ERU duur teen Panne
Swak dissipline het East Rand United (ERU) se kans om vir `n opskudding teen die Valkekampioen, Brakpan, te sorg verlore laat gaan.
Valkeliga: sleutelseges vir kampioen, uitdager
Die Valkekampioen en sy vernaamste uitdager het Saterdag sleutelseges in die opstellende ronde van die bond se Peregrineliga behaal.
Valkeliga: Vereeniging wen oorlog teen Brakpan
Vereeniging het Saterdag nie net die voortsnellende Valkekampioen en Goue Bekerspan, Brakpan, gestuit nie, maar die kragmeting verrassend ver gewen.
Valkeliga: groot kloof al hoe duideliker
Die kloof tussen die boonste en die onderste spanne in die opstelronde van die Valke se Pergrine liga raak al hoe opvallender al is die honderdtalle vir eers van die baan.
Valkeliga: Kempton boos oor omstrede duikslag
Kemptonpark is bitter boos oor `n omstrede duikslag wat hy sê ongestraf gebly en `n drie deur Boksburg voorafgegaan het.
Valkeliga: wag daar nog `n 100-tal op Brakpan?
Wag daar Saterdag nog `n honderdtal op Brakpan in die opstellende ronde van die Valke se Peregrineliga, of kan die studente van die NWU Vaal sy stoomrollertog stuit?
Valkeliga: Merlinhouer klim eerste trappie
Die Valke se Merlinliga-kampioen, East Rand United (ERU), het sy eerste trappie na `n plek in vanjaar se Peregrineliga geklim deur een van verlede jaar se senior klubs in die uitspeelronde vir Peregrinestatus te klop.
Valkeliga: skoon lei vir Peregrine-, Merlinklubs
Verlede jaar se Peregrine- en Merlinligaklubs begin Saterdag met `n skoon lei wanneer die opstellende ronde vir vanjaar se ligas afskop.