Die verhoor van Willem Oosthuizen (28) en Theo Martins Jackson (29), wat daarvan beskuldig word dat hulle ʼn man in ʼn doodskis gedruk het, gaan na verwagting Maandag in Middelburg in Mpumalanga begin.
Alles vir die sleutelwoord "Middelburg"
Man glo drankie ingegee voor hy ontvoer is
Sers. Gerald Sedibe, woordvoerder van die polisie, het gesê dit kom ná ʼn 65-jarige man op 1 Junie as vermis aangemeld is nadat hy nooit huis toe gekom het ná werk nie.
[Foto’s] Groot probleme by Grootfontein
Verblyftoestande is glo egter nie die enigste probleem by dié kollege nie en is daar ook probleme soos swak bestuur van die koshuis en sewe opleidingsplase.
[Foto’s] Vier sterf in trompop botsing
Vier mense is Saterdagaand in ʼn trompop botsing tussen Bethal en Middelburg in Mpumalanga dood.
Vrou wat eksman wou vergiftig gevonnis
Louisa Petronella van Niekerk (41) is gevonnis vir die beplande huurmoord op haar eksman.
Doodskis-video: Nog aanklagte kom
Willem Oosthuizen (28) en Theo Martins Jackson (29), wat daarvan beskuldig word dat hulle ‘n man in ʼn doodskis gedruk het, se verhoordatum is ook bekend gemaak.
14-jarige sterf ná hoof hom glo aanrand
ʼn 14-jarige skolier wat in die hospitaal opgeneem is nadat sy skoolhoof hom glo aangerand het omdat hy na bewering R150 gesteel het, het aan sy beserings beswyk.
Hoof wat kind glo aanrand nog nie aangekla
Die hoof van ʼn skool in Middelburg in Mpumalanga wat glo ʼn 14-jarige so erg aangerand het dat hy gedeeltelik verlam is, is nog nie strafregtelik aangekla in verband met die voorval nie.
Tien sterf in gru-botsing
Tien mense is dood in ʼn botsing buite Middelburg in Mpumalanga.
Slagoffers van plaasaanvalle herdenk
“Mense word gemartel en vermoor en ons wil weet wanneer die staat hierdie geweldsmisdade gaan prioritiseer.”
Doodskis-video: Twee weer in hof ná Kersfees agter tralies
Willem Oosthuizen (28) en Theo Martins Jackson (29), die twee mans wat met ʼn kamera afgeneem is toe hulle na bewering ʼn ander man in ʼn doodskis gedruk het, het Woensdag weer te midde van ʼn groot mediateenwoordigheid in die Middelburg-landdroshof verskyn.
Moord op sakeman: ‘Ons harte is stukkend’
“Dit was een groot nagmerrie. Ons harte is stukkend. Wat gaan ons doen sonder die anker in ons lewens?”
Doodskis-video: ANC-lede gevra om nié met poppe te betoog
Speedy Mashilo, Mpumalanga se LUR vir behuising, het Donderdag ANC-lede wat tydens die sogenaamde doodskis-hofsaak buite die Middelburg-landdroshof betoog het, gevra om nie van wit poppe gebruik te maak nie.
Doodskis-video: Borgtoguitspraak gelewer
Willem Oosthuizen (28) en Theo Martins Jackson (29) wat daarvan beskuldig word dat hulle ʼn man, ene Victor Rethabile Mlotshwa, in ʼn doodskis ingedwing het, het Donderdag in die Middelburg-landdroshof verskyn waar uitspraak gelewer is rakende hul borgtogaansoek.
Middelburg wil Goue Beker toe met nuwe vere
Met `n goeie borgskap en splinternuwe vere mik Nashua Middelburg vanjaar na niks minder nie as deelname aan die reeks om die Goue Beker.
Video: Doodskis-saak: Twee hoor oor borgtog
Die betogers het weer twee wit poppe wat aan ʼn stok vasgebind is voor die hof rondgeswaai.
Doodskis-video: Twee hoor eers dán oor borgtog
Willem Oosthuizen (28) en Theo Martins Jackson (29) wat daarvan beskuldig word dat hulle ʼn man, ene Victor Rethabile Mlotshwa, in ʼn doodskis ingedwing het, se borgtogaansoek is Vrydag in die Middelburg-landdroshof afgehandel.
Boer gedreig ná doodskis-video
Die hof het ook inligting oor die beskuldigdes se persoonlike omstandighede gehoor.
Doodskis-video: ‘Hy het koperkabels gesteel’
Die hof het gehoor die beskuldigdes wou die klaer in hegtenis geneem het en dat hy hulle toe glo gedreig het.
Doodskis-video: Ondersoekbeampte met vrae gepeper
Konst. Dimakatso Bahula, die ondersoekbeampte, is deur die beskuldigdes se regsverteenwoordiger met vrae gepeper oor onder meer die voetpad wat die slagoffer beweer hy gebruik het, die kabelbinders waarmee hy na bewering vasgemaak is en of die beskuldigdes enige vuurwapens besit.