Dalk is dit ʼn trek van ware kunstenaarskap as ʼn kunstenaar dit kan regkry om in ʼn stampvol teater elke gehoorlid, elkeen met sy en haar eie verwagtings, interpretasies en selfs afkeure, te vermaak sodat elkeen vasgevang word, én bly, in die verhoogkuns wat voor hulle afspeel. Dit is wat Nataniël in sy jongste produksie, Mannequin, meesterlik doen.
Alles vir die sleutelwoord "Nataniël"
Luister: Nataniël vertel meer oor ‘Mannequin’
“Van die goed is so groot dat ons dit in ʼn trokkie moes vervoer. My skoene is so ongemaklik dat ek nou nog wonder hoe ek daarin gaan staan,” het hy bygevoeg.
Identifiseer en voorkom kindermishandeling met dié handleiding
Die sanger en verhoogpersoonlikheid Nataniël het Maandag in ʼn verklaring gesê sy liefdadigheidsprojek, The Nataniël Progress Project, se Call to Arms-kindermishandelingshandleiding het al meer as 420 onderwysers en ouers landwyd opgelei om mishandeling onder kinders te identifiseer en te voorkom.
Nataniël kort voor vertoning beroof, gehospitaliseer
Volgens Nataniël het hy kort nadat hy aan die slaap geraak het, wakker geword “van stemme iewers in die plek waar ek tuisgegaan het”
Nataniël se jongste produksie binnekort in Gauteng
Die sanger, liedjieskrywer, televisie-aanbieder en verhoogpersoonlikheid Nataniël, het vandeesweek aangekondig sy nuutste verhoogproduksie, Mannequin, gaan later vanjaar weer op die planke wees by Emperors Palace….
[Resep] Wit sangria
Vandag (18 Februarie) is nasionale wyndrinkdag. Hier is ʼn heerlike sangria-resep uit Nataniël se kombuis vir dié geleentheid.
Luister: Nataniël gee teddiebere en ʼn resep vir jou Kerstafel
Nataniël, bekende sanger, liedjieskrywer en vermaakkunstenaar, betower nie net teatergangers nie, maar maak ook ʼn verskil in die lewe van minderbevoorregtes deur sy betrokkenheid by liefdadigheidsorganisasies.
[Resep] Nataniël se aartappelpastei
Hierdie heerlike aartappelpastei uit Nataniël se kombuis is ʼn eenvoudige en maklike gereg wat jy met min bestanddele vir die gesin kan voorsit.
Luister: Nataniël oor sy liefde vir Europa, sjokolade en sy nuwe program
Nataniël se nuwe program, Edik van Nantes, is eersdaags op die kassie te sien en kykers uitsien na nóg heerlike resepte en skreeusnaakse oomblikke, maar hierdie keer speel dit in die Franse stad Nantes af. Maroela Media het met hom gesels oor die nuwe program en wat kykers kan verwag. Hy verklap ook wat vir hom die lekkerste van Franse kos is.
Nataniël se ‘After animals’ betower, maar laat ook diep nadink
Die sanger, liedjieskrywer, skrywer en vermaaklikheidkunstenaar, Nataniël, slaag daarin om met sy jongste verhoogproduksie die perfekte balans tussen komedie, vermaak en fyn sosiale kommentaar te vind.
Boek: 150 stories deur Nataniël
Hierdie omvangryke versameling van die bekende en gewilde Nataniël se verhoogverhale is die ideale Kersgeskenk!
Video: Nataniël-kortfilm betower by Silwerskermfees
Nataniël is te sien in die kortlfilm, ‘Almon Henry’, waarvan hy ook die draaiboek geskryf het. Die kortfilm is by vanjaar se Silwerskermfees te sien.
Jan Braai koop “braai” en Nataniël vra “genade” by die WAT
Jan Braai koop “braai” by die WAT, Nataniël wil “genade” hê, en ons verklap ander woorde wat bekendes al geborg het.