Die Association of Mineworkers and Construction Union (Amcu) se betogings vir hoër lone sal voortduur, het Joseph Mathunjwa, president van die vakbond, Donderdag gesê.
Alles vir die sleutelwoord "platinum"
Lonmin versoek personeel om verlof in te sit
Die platinumreus Lonmin het sy personeel, wat nie aan die staking deelneem nie, versoek om verlof in te sit om koste te sny en die maatskappy te help om te oorleef.
Numsa aanvaar Amplats-aanbod; Amcu-staking sloer voort
Numsa het Anglo American Platinum (Amplats) se loonaanbod aanvaar, het die mynmaatskappy Donderdag gesê.
Amcu-staking verskerp
Die lonestaking in die platinumbedryf het verskerp, het die Association of Mineworkers and Construction Union (Amcu) Maandag gesê.
Amcu-lede vas oor poging tot moord
Twee mans is in hegtenis geneem vir poging tot moord op ʼn myner by Anglo American Platinum se Khuseleka 1-skag naby Rustenburg.
AMCU- hofsaak uitgestel
ʼn Aansoek van minagting van die hof deur Anglo American Platinum (Amplats) teen die Association of Mineworkers and Construction Union (Amcu) is Vrydag in die arbeidshof uitgestel.
Amcu-staking: Amplats dagvaar vir miljoene
Anglo American Platinum (Amplats) gaan die Assiociation of Mineworkers and Construction Union (Amcu) vir R591 miljoen dagvaar, aangesien hy miljoene rande per dag verloor weens Amcu se staking.
Amcu-staking: Lede gaan nuwe aanbod verwerp
ʼn Nuwe loonaanbod wat deur platinummyne in Rustenburg in Noordwes se bestuur aan stakende Amcu-lede aangebied is, gaan verwerp word.
Amcu-staking: Laaste dag van gesprekke
Onderhandeling tussen platinumproduseerders en Amcu gaan na verwagting Woensdag in Pretoria afsluit.
Amcu-onderhandelings duur voort
Onderhandelinge het Vrydag by die KVBA se kantoor in Johannesburg begin om ʼn oplossing te vind vir Amcu se staking in die platinumsektor.
Partye vergader op dag twee van Amcu-staking
Onderhandelings sal Vrydag op die tweede dag van die vakbond Amcu se staking in Noordwes by die wêreld se top drie platinummyne, Impala, Lonmin en Anglo American in Noordwes, plaasvind.
Nuuskommentaar: Vuurhoutjie by die kruitvat
Amcu-staking: Die boodskap is duidelik… maak nou amok, en die kanse is goed dat die regering gaan vinger trek weens die komende verkiesing. Ongelukkig soms nog ook die vinger op die sneller…
Amcu-staking: “Lonmin het busse gestop”
Amcu het Donderdag die Lonmin-myngroep se bestuur daarvan beskuldig dat hulle busse gestop het wat stakende mynwerkers na die Wonderkop-stadion in Marikana moes vervoer om deel te neem aan die eerste dag van ‘n loonstaking by platinummyne in Noordwes.
Stakende mynwerkers kom by Marikana-stadion byeen
Ontevrede Amcu-lede het Donderdagoggend stadig begin saamdrom by die Wonderkop-stadion vir die beplande staking by platinummyne in Noordwes.
Departement van Minerale Hulpbronne staan platinummynregte in noorde van Pretoria toe
AfriForum is verstom deur die aankondiging dat die departement van minerale hulpbronne (DMR) prospekteerregte toegestaan het vir die beoogde mynontwikkeling net noord van die N4, in die omgewing van Doornpoort, in die noorde van Pretoria.
Loononderhandelinge met Northam Platinum steeds onbeslis
Ná nog loongesprekke tussen die mynmaatskappy, Northam Platinum en die NUM by die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA), is die loongeskil steeds nie opgelos nie.
Amplats-staking beëindig
Werkers by Anglo American Platinum (Amplats) se Thembelani- en Khuseleka-myne het Dinsdag weer teruggekeer werk toe