ʼn Klompie spelers met Suid-Afrikaanse bande het Saterdag hul deel gedoen om Hongkong tweede in Wêreldrugby se Hongkongse Beker van Nasies-toernooi te laat eindig.
Alles vir die sleutelwoord "SA oorsee"
Spelers uit SA druk vir Amerika én Duitsland
Spelers met Suid-Afrikaanse wortels het vir Amerika sowel as Duisland drieë gedruk in dié twee lande se kragmeting Saterdag in Wiesbaden, Duitsland.
Groot deurbraak vir Nederland met SA afrigter
Die Nederlandse rugbyspan het ʼn groot deurbraak gemaak met die Suid-Afrikaanse afrigter Gareth Gilbert aan die stuur.
‘IRFU betaal spioen Rassie tot sy bitter berou’
Die Ierse Rugbyunie (IRFU) kan dit vorentoe bitter berou dat hy ʼn “spioen” – Rassie Erasmus – in sy boesem gefinansier het.
Oud-Vrystater druk twee keer in Franse liga
ʼn Gewese Vrystaatse o.21-speler het twee drieë vir Niort in die jongste ronde van die Franse Fédérale 1-liga gedruk.
Oud-Cheetah behaal 24 punte vir Franse klub
ʼn Gewese Superrugbyspeler van die Cheetahs het Saterdag 24 punte tot sy span se oorwinning in die Franse Pro D2-liga behaal.
Wegholseges vir 4 SA breiers in Europese toetse
Vier Europese nasionale spanne wat deur afrigters uit Suid-Afrika gebrei word, het Saterdag wegholseges in toetse behaal.
Elf uit SA in Duitse span wat Brasilië opdreun
ʼn Duitse span met elf Suid-Afrikaners in sy geledere het Brasilië Saterdag in Leipzig in die eerste van twee toetse op die Suid-Amerikaners se Duitse toer behoorlik opgedreun.
Meer SA Goue Bekersterre voortaan Skotland toe
Meer Suid-Afrikaanse klubspelers uit die Goue Bekerreeks sal voortaan die geleentheid kry om Skotse klubrugby kragtens die SA Rugbyunie (Saru) se uitruilooreenkoms met die klub Selkirk te ervaar.
Springbok se seun oorweeg glo Engelse trui
Die uitblinkerseun van ʼn gewese Springbok is nie ongeneë om die Engelse trui oor die kop te trek as die Boktrui hom sou ontwyk nie.
Tweekunste vir twee Bokke in Frankryk
Twee Springbokke het elk twee keer agter die doellyn gaan kuier in die jongste ronde van die Franse Top14-liga.
Springbok rig weer Ierse o.18-span af
ʼn Gewese Springbok-skrumskakel is weer as hoofafrigter aangewys van Ierland se o.18-klubspan wat Saterdag in Jamor teen Portugal o.18 speel.
Bok se kleinneef tussen Wallis se ongelukkigste
ʼn Bobaas-Springbokvleuel se kleinneef word as een van die ongelukkigste Walliese spelers geag wat beserings betref.
Skopstryd tussen SA losskakels in Frankryk
Twee losskakels uit Suid-Afrika was Sondag in ʼn skopstryd gewikkel in die jongste ronde van die Franse Pro D2-reeks.
Blitsbok kry dosyn in Italiaanse rugby
ʼn Gewese Blitsbok het Saterdag ’n dosyn punte met die voet vir sy klub in die Italiaanse Super 10-liga aangeteken.
Tweekuns vir SA o.20-speler in Engelse topliga
ʼn Gewese SA o.20-speler het Saterdag twee drieë vir die Engelse klub Worcester Warriors teen Harlequins in dié land se Premierliga gedruk.
Springbok lei vlaag Franse geelkaarte in
In ʼn ietwat ruwe naweek in die Franse Top14-liga het ʼn Springbok-stut en sy teenstander in die botsing tussen Toulon en Brive ʼn vlaag geelkaarte ingelui, wat binne agt minute vyf opgelewer het.
Oud-Bulls-breier se Tsjegge 2 beter op ranglys
ʼn Gewese Bulls-breier het skaars die Tsjegge se afrigting oorgeneem, of hulle verbeter met twee plekke op Wêreldrugby (WR) se ranglys.
Wêreldvyftiental met sewe uit SA dreun Japan op
ʼn Wereldvyftiental met sewe Suid-Afrikaanse spelers in die opdrafspan het Japan Saterdag in Foekoeoka behoorlik opgedreun.
Suid-Afrikaner stig beroepsliga in Brasilië
ʼn Suid-Afrikaner en drie vennote het pas aangekondig dat hulle ʼn beroepsliga in Brasilië op die been gaan bring, en hulle is op soek na oorsese spanne en spelers om die reeks ʼn hupstoot te gee.