Montpellier se Springbokke Ruan Pienaar en Bismarck du Plessis het in die jongste ronde Franse ligawedstryde die telbord aan die rol help hou.
Alles vir die sleutelwoord "SA oorsee"
Wolwe wen Rugby Europa-trofee met SA hulp
Portugal het Saterdag die reeks om die Rugby Europa-trofee (RET) met Suid-Afrikaanse hulp onoorwonne afgesluit.
Driekuns, 12-tal en nóg vir Jersey se SA ysters
Suid-Afrikaners het onder meer ʼn driekuns en ʼn twaalftal punte in die Jersey Reds se sege van 52-19 oor London Scottish in die jongste ronde van die Engelse Kampioenskap op die telbord geplaas.
Losskakel uit SA beduiwel RWB-droom
Die Swarte Duiwels van België se Suid-Afrikaans-gebore losskakel het Sondag die Spaanse Leeus se droom om aanstaande jaar Wêreldbekerrugby te speel ietwat beduiwel.
Gewese Witsie behaal 17 toetspunte vir Israel
ʼn Gewese speler van die Universiteit van die Witwatersrand het Saterdag al 17 Israel se punte teen Malta in Afdeling 1 Suid van die Rugby Europa-kampioenskap behaal.
Oud-Bulls-afrigter se Tsjeggië kelder Switsers
Tsjeggië, met ʼn gewese Bulls-afrigter in beheer, het in die jongste ronde van die reeks om die Rugby Europa-trofee (RET) met Switserland afgereken.
Frankryk? Dis dan Suid-Afrikaners waar jy kyk!
ʼn Mens kan kwalik glo dis ʼn wedstryd in die Franse Top14-liga, dié tussen Montpellier en Racing 92, as jy na al die Suid-Afrikaanse puntemakers kyk.
Gedugte taak wag op Allister in Japan
ʼn Gedugte taak wag op die gewese Springbokafrigter Allister Coetzee met sy aanstelling as hoofafrigter van die Japanse Topligaklub Canon Eagles.
Force met 7 uit SA herleef in nuwe Wêreldreeks
Die Western Force-redder Andrew Forrest het Dinsdag sy nuwe Wêreldreeks-rugby (WSR) in Perth aangekondig saam met ʼn herleefde Force-groep wat sewe spelers met SA bande bevat.
Faf die ‘hartslag’ van Sale in Engelse reeks
Die Springbok-skrumskakel Faf de Kerk gedy eenvoudig in die Engelse Premierliga, en 14 punte het die kroon op sy vertoning Saterdag vir Sale gespan.
Arend uit SA topdriedrukker in Amerikas-reeks
ʼn Arend uit Suid-Afrika was een van die topdriedrukkers in die Amerikas-rugbykampioenskap (ARK), wat pas die tweede jaar op die ry af deur Amerika gewen is.
Rekordsege vir SA afrigter se Heren 15
Nederland, met sy Suid-Afrikaanse afrigter, het Saterdag in Amsterdam ʼn rekordsege oor Pole in die reeks om die Rugby Europa-trofee (RET) behaal.
Haas geen teken van Loffie se VSA-kampioen oor
Daar het haas geen teken van die SA afrigter Eugene (Loffie) Eloff se opspraakwekkende Amerikaanse klubkampioen, die Austin Huns, in die Red River-liga oorgebly nie.
Springbokke plaas Montpellier aan die wenkant
Dit het broekskeur gegaan, maar danksy twee van sy Springbokke het Montpellier in die jongste ronde van die Franse Top14-liga met 11-10 teen Bordeaux-Bègles gewen.
Tweekuns vir Germishuys in Amerikas-toetsreeks
Die gebore Suid-Afrikaner Hanco Germishuys het sy eerste toetsdrie ʼn week gelede teen Kanada Saterdag met ʼn tweekuns teen Brasilië in die Amerikas-rugbykampioenskap (ARK) opgevolg.
Wolf uit SA kry 26 punte in Europese toets
Dit was ʼn haas ongelooflike poging waarmee ʼn boorling van Standerton Saterdag in Setubal, Portugal, as ‘t ware op eie houtjie met Switserland in die reeks om die Rugby Europa-trofee (RET) afgereken het.
Wie is blinkste Suid-Afrikaners in Engelse liga?
Suid-Afrikaanse rugbygeesdriftiges sal dalk nogal verras wees om te sien watter spelers uit die Suidland volgens die amptelike statistiek die blinkste in die Engelse Premierliga vaar.
Pienaar skop 11, Sadie druk twee in Frankryk
ʼn Elftal punte met die skopskoen en ʼn tweekuns drieë tel tussen die Suid-Afrikaanse bydraes in die jongste ronde van die Europese klubreekse.
Vuurwarm Spanje klop hard aan Wêreldbeker-deur
Dit lyk of ʼn vuurwarm Spanje ʼn goeie kans het om aan aanstaande jaar se toernooi om die Wêreldbeker (RWB) in Japan deel te neem.
Oud-Bolander rek wéér sy Kanadese rekord
Die gebore Bolander DTH van der Merwe het Saterdag nog ʼn toetsdrie gevoeg by die rekordgetal wat hy reeds vir Kanada gedruk het.