Roger Federer het Stan Wawrinka Donderdag in vyf stelle geklop om te kwalifiseer vir sy sesde Australiese Ope-eindstryd, en Venus Williams sal haar suster Serena as teenstander hê wanneer dié Saterdag probeer om haar 23ste Grand Slam in te palm.
Alles vir die sleutelwoord "tennis"
Nadal terug tussen die bestes
Die kwarteindstryd van die Australiese Ope Woensdag, tussen Rafael Nadal en Milos Raonic, het ʼn titaniese stryd opgelewer wat ʼn mengsel van briljante en soms ook baie middelmatige tennis vol ongedwonge foute van al twee spelers opgelewer het.
Twee Switserse mans en twee VSA-vroue reeds in halfeind
Twee Switserse mans en twee Amerikaanse vroue het Dinsdag reeds na die halfeindronde van die Australiese Ope in Melbourne deurgedring.
Williams-susters weer op pad na eindstryd teen mekaar
Die derde gekeurde Milos Raonic het Maandag deurgedring na die mans-kwarteindronde van die Australiese Ope-tennistoernooi deur Roberto Bautista Agut (13) in vier stelle te klop. Intussen lyk dit of die twee Williams-susters mekaar dalk weer in die eindstryd kan pak.
Albei topgekeurdes sneuwel in Aussie Ope se vierde ronde
Die twee voorste gekeurde spelers in die Australiese Ope in Melbourne is Sondag in die vierde ronde uitgeskakel.
Dis ʼn week vir rekords op Wimbledon
Elke dag of toernooi is seker op sy eie manier ʼn soort rekord of geskiedkundige gebeurtenis, maar op Woensdag en Donderdag is daar sommer ʼn hele paar hoogtepunte op Wimbledon.
[Video] Wimbledon-skeidsregter loop deur onder woedende speler
Die Serwiese tennisspeler Viktor Troicki het ʼn herrie ontketen toe hy uitgevaar het teen ʼn skeidsregter wie se omstrede besluit hom in die tweede ronde van die Wimbledon-toernooi uitgeskakel het.
Wimbledon: Selfs vir Federer was dit ʼn spesiale dag
Die derde gekeurde Roger Federer erken dit was vir hom ook amper ʼn feëverhaal, nadat hy die 772ste gekeurde Marcus Willis, Woensdag in die tweede ronde van die mans-enkelspel op Wimbledon geklop het.
Wimbledon: Anderson ná eerste ronde uitgeskakel
Die 30-jarige Anderson, sedert 2008 Suid-Afrika se voorste mansspeler, het onlangs weer, na ʼn klein enkeloperasie en ʼn paar ander beserings, in die ATP-toernooie begin speel.
Video: Vierpotiges steel tennisharte
ʼn Ongewone span is onlangs tydens ʼn vriendskaplike toernooi tussen die tennissterre Venus Williams en Svetlana Kuznetsova in Auckland, Nieu-Seeland gebruik om die balle op te tel.
Bob Hewitt in die hof oor verkragtingsklagte
Bob Hewitt, die voormalige tennisdubbelkampioen, het Vrydag vir die eerste keer in die landdroshof in Boksburg verskyn sedert hy van verkragting beskuldig is, het The Star berig.
Bob Hewitt sê hy is onskuldig
Voormalige Grand Slam tennis-dubbelkampioen Bob Hewitt het bewerings ontken dat hy jong meisies, wat hy dekades gelede in Suid-Afrika afgerig het, seksueel molesteer het.