Maroela Media se 10 gewildste tegnologie-artikels vir 2019

Hierdie 10 artikels is in 2019 die meeste gelees op Maroela Media se Blikslim-afdeling.

  1. FaceApp: Is jou private inligting veilig?

FaceApp het behoorlik Facebook, Twitter en ander sosialemediaplatforms met mening getref en blykbaar kan min gebruikers die versoeking weerstaan om te loer hoe hulle gaan lyk as hul eendag oud is. Lees meer.

FaceApp kan gebruik word om gebruikers ouer te maak, jonger te laat lyk of as die teenoorgestelde geslag uit te beeld. (Skermskoot: FaceApp)

  1. Suzuki Jimny – kleinste pakkie met grootste gif

Die alle nuwe Jimny is bekendgestel – en die bestellings stroom by die handelaars in. Lees meer.

Die nuwe Jimny. Foto: Verskaf

  1. Motorhandelaar Tribunaal toe gestuur oor voetstoots

’n Motorhandelaar van Pretoria is by die Nasionale Verbruikerstribunaal verkla omdat hy ’n motor vol foute aan ’n verbruiker verkoop het as “voetstoots” en geweier het om enige verantwoordelikheid vir die foute daarop te aanvaar. Lees meer.

motorsleutels

Argieffoto

  1. Verreweg die beste 4×4

Die Ranger Raptor is ʼn perd van ʼn heel ander kleur. Lees meer.

Die Ford Ranger Raptor. Foto: Verskaf

  1. Wat jy op sosiale media deel, kan jou dalk in tjoekie laat beland

Suid-Afrikaners kan beboet of tronk toe gestuur word indien hulle ʼn kaal foto van ʼn persoon sonder dié persoon se toestemming aanstuur. Lees meer.

(Foto: pixabay)

  1. Waarskuwings nou by omstrede twiets

Twitter het ʼn nuwe maatreël ingestel waarvolgens twiets wat die maatskappy meen in openbare belang is, maar die diens se reëls oortree, bedek sal word met ʼn waarskuwingsteken. Lees meer.

(Foto: pixabay)

  1. Isuzu bly taaier as ʼn ratel

Gerhard du Toit en sy koeriermaatskappy, Roadrunner, lê nou al sedert sy aftrede 15 jaar gelede daagliks die afstand tussen Oudtshoorn en George af. Lees meer.

Gerhard du Toit saam met sy Isuzu-bakkie. Foto: Verskaf.

  1. Google beëindig Huawei se Android-gebruik

Google het gebruikers van Huawei-slimfone gerusgestel dat die Amerikaanse maatskappy se basiese dienste vir tyd en wyl steeds op bestaande Huawei-slimfone sal werk ná Google se besluit om Huawei se gebruik van sy Android-bedryfstelsel te staak. Lees meer.

‘n Man voor ‘n Huawei-winkel in Beijing. (Foto: AP Photo/Ng Han Guan)

  1. Suid-Afrika se nuutste Motor van die Jaar is…

Suid-Afrika se Motor van die Jaar van is in April 2019 bekend gemaak. Lees meer.

Mercedes Benz A-klas (Foto verskaf deur SAGMJ)

  1. Motoriste gewaarsku oor karstoeltjies vir kinders

Kinderveiligheidsnavorsing deur die AA dui aan dat ʼn kwart van motoriste erken dat hulle glad nie hul kinders onder die ouderdom van 12 jaar vasgespe nie. Lees meer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.