Maroela Media se 10 gewildste gedoriewaar-stories vir 2019

Hierdie 10 artikels is in 2019 die meeste gelees op Maroela Media se Gedoriewaar-portaal.

  1. Platekontrak vir hawelose vrou

Emily Zamourka (Skermgreep uit die video)

ʼn Hawelose vrou wat bekendheid verwerf het toe ʼn video van haar op sosiale media gedeel is waar sy ʼn Puccini-aria sing, is ʼn platekontrak aangebied. Lees meer.

  1. Baba laat die skaal kreun

Nicolina en Tobias Newcombe (Foto: Belinda Feek)

Talle persone het gedink sy is swanger met ʼn tweeling en Nicolina Newcombe was self verras toe haar seuntjie twee keer so veel soos ʼn gemiddelde pasgebore baba geweeg het. Lees meer.

  1. Mooiste sesjarige nou wêreld se mooiste

Thylane Blondeau toe sy as sesjarige die wêreld se aandag getrek het

Thylane Blondeau is in 2007 as sesjarige as die “mooiste meisie in die wêreld” gekroon. Meer as ʼn dekade later het sy weer dié titel ingepalm. Lees meer.

  1. 526 tande uit seun se mond verwyder

Dokters het 526 tande uit ʼn sewejarige seun se mond verwyder ná hy gekla het sy mond is seer. Lees meer.

  1. Randlose swembad gaan 360°-uitsig bied

Infinity London (Foto: Compass Pools)

ʼn Randlose swembad word vir Londen beplan, en as mens na die ontwerp kyk, lyk dit of dit ʼn asemrowende ervaring gaan wees. Lees meer.

  1. Sy dog dis nierstene, toe’s dit ʼn drieling!

Die drieling (Foto: Dannette Giltz/Facebook)

ʼn Vrou van Suid-Dakota in die VSA wat onlangs geboorte geskenk het aan ʼn drieling, sê sy het eers van die swangerskap gehoor toe sy hospitaal toe is met, wat sy gedink het, nierstene. Lees meer.

  1. Tien seuns, en toe (uiteindelik) ʼn dogter

David en Alexis Brett en hul kroos (Foto: LesWilson.com)

“Daar sal nie nog wees nie. Ek het dit laas ook gesê, maar hierdie keer bedoel ek dit regtig. Ek is lief vir my gesin net soos ons nou is.” Lees meer.

  1. Bruid huil oor flop van ʼn troukoek

Foto: Annette Davis Hill/Facebook

ʼn Bruid wat ʼn troukoek bestel het met ʼn pou-tema was platgeslaan toe ʼn flop van ʼn koek by haar afgelewer is – die aand voor die troue. Lees meer.

  1. Dalk die oudste ma ooit?

Yaramati Sitarama Rajarao en Mangayamma Yaramati (Foto: ANI via ANA)

ʼn 74-jarige vrou van Andhra Pradesh in Indië het Donderdag in ʼn privaat hospitaal in Guntur geboorte geskenk aan ʼn tweeling. Lees meer.

  1. Miljoene kyk video van vreemde kreatuur

Skermgreep uit die video

ʼn Vrou was verstom toe sy die oggend beeldmateriaal van haar veiligheidskameras nagegaan het en glo ʼn vreemde kreatuur in haar oprit gesien het. Lees meer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.