ʼn Singende vis het ʼn rower die skrik op die lyf gejaag toe die man by ʼn visvangwinkel wou inbreek.
Lees meerAlles vir Donderdag 6 Februarie 2014
Oorsaak van Kaapstad-fietsryer se dood onbekend
ʼn Fietsryer is Donderdag in die hospitaal dood verklaar nadat hy in Democracyweg in Milnerton aangetref is.
Twee vermeende stropers doodgeskiet
Twee vermeende renosterstropers is tydens ʼn skermutseling met die polisie in die Phinda-wildreservaat naby Jozini in KwaZulu-Natal doodgeskiet.
Mangaung-komplot: “Ek het dit nie vir die geld gedoen nie”
ʼn Polisie-informant wat ʼn verregse groep infiltreer het, het Donderdag in die Bloemfonteinse hooggeregshof ontken dat hy dit vir die geld gedoen het.
Skole sluit weens Bronkhorstspruit-betogings
Verskeie skole in die Bronkhorstspruit-omgewing is Donderdag gesluit weens gewelddadige diensleweringsbetogings teen die Tshwane-metro in die gebied.
Geen borgtog vir man wat glo Zuma se vrou afpers
ʼn Man van Tanzanië wat daarvan verdink word dat hy ʼn vrou van president Jacob Zuma afgepers het, is Donderdag in die Camperdown-landdroshof in Durban borgtog geweier.
“Star wars”-tegnologie: Darth Vader se laser word werklikheid
‘n Laser wat 100 000 keer soveel energie gebruik as wat al die kragstasies ter wêreld saam kan lewer, word nou ontwikkel.
Kroonstad se riool in rivier laat beeste vrek
Die VF Plus in die Vrystaat het eergister ‘n verslag ontvang wat die toksisiteit van die water in die Valsrivier bevestig.
Wurms en visse in Internasionale Ruimtestasie
‘n Russiese ruimtetuig het ‘n klompie visse en reënwurms na die Internasionale Ruimtestasie (IRS) geneem. Dié nuwe inwoners sluit hulle by die huidige bemanning van drie Russe, twee Amerikaners en ‘n Japannees aan.
Matrikulant kry nul ná hy vloek op vraestel
ʼn Matrikulant het nul vir ʼn vak gekry omdat hy op sy eindeksamenvraestel gevloek het, het die Wes-Kaapse departement van onderwys Donderdag gesê.
“Kansellasie van uitvoer na Zim ʼn triomf” – AfriForum
Die departement van verdediging se besluit om die beoogde skenking van 12 Alouette-helikopters aan Zimbabwe te kanselleer, is ’n oorwinning vir menseregte in die streek.
Pasop – tandepasta kan ontplof
Amerikaanse veiligheidsowerhede het ‘n spesiale waarskuwing aan lugdienste uitgereik om veral versigtig te wees vir plofstof wat in tandepastabuisies of ander kosmetiek-buisies versteek is.
Benoni-moorde: Saak uitgestel
Die saak teen Retief Liebenberg (47), wat daarvan verdink word dat hy sy dogter se kêrel en die se pa doodgeskiet het, is Donderdag in die Benoni-landdroshof uitgestel vir verdere ondersoek.
Sementtrok tydens diensteleweringsbetogings aan die brand gesteek
ʼn Sementtrok is Donderdagoggend aan die brand gesteek tydens ʼn diensteleweringsbetoging in Majakaneng, Noordwes.
Solidariteit vs DKD: Hof gee uitspraak oor regstellende aksie
Die arbeidshof in Kaapstad het Donderdag in Solidariteit se guns beslis en beveel dat die departement van korrektiewe dienste (DKD) gehoor moet gee aan ʼn vroeëre hofuitspraak waarvolgens hy nie net die nasionale rassedemografie in ag kan neem met die maak van aanstellings en die bevordering van werknemers nie.
“Kolonel verder geviktimiseer voor aanvang van omstrede misdaadintelligensie-saak” – Solidariteit
Die vakbond Solidariteit het vandag sy misnoeë uitgespreek oor die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se ondersoek na kol. Kobus Roos, enkele dae voordat sy saak deur die arbeidshof in Johannesburg aangehoor sal word.Roos word tans ondersoek vir bewerings dat hy vertroulike inligting laat uitlek het.
Polisie is gereed vir Oscar Pistorius-verhoor
Die polisie het Woensdag gesê hulle is gereed vir die moordverhoor van Oscar Pistorius.
Video: Pedofiele in Masedonië mag nou gekastreer word
Die Masedoniese parlement het ‘n wet aanvaar waarvolgens mense wat kinders herhaaldelik misbruik, chemies gekastreer kan word.
Situasie gespanne in Sebokeng
Daar is ʼn sterk polisieteenwoordigheid in Sebokeng, suid van Johannesburg, nadat inwoners Donderdag weer saamgekom het om te betoog oor dienslewering.
Solidariteit en DKD: Uitspraak kom vandag ná skikking nie bereik kon word
Uitspraak word Donderdag in die arbeidshof in Kaapstad verwag in ʼn dringende aansoek van die vakbond Solidariteit teen die departement van korrektiewe dienste (DKD).