Die Limpopo-regering het glo meer as R8 miljoen aan maatskappye uitbetaal wat niks gedoen het nie.
Alles vir die maand Augustus 2012
“Wittes moet taxi’s gebruik,” sê Lamola
Suid-Afrika sal slegs ‘n reënboognasie wees wanneer wit mense ook in rye staan vir taxi’s en van staatshospitale gebruik maak, sê Ronald Lamola.
Hiervoor dien misdadigers vonnisse uit
Ongeveer 71% van gevangenes dien ʼn vonnis vir geweldmisdade uit, het die minister van korrektiewe dienste, Sibusiso Ndebele, gesê.
Van Reenenspas weer gesluit
Die Van Reenenspas in die Drakensberge is na nog swaar sneeuneerslae vir die tweede keer Dinsdag gesluit.
Olimpiese Spele: Uitslae
Die Suid-Afrikaanse atlete wat Dinsdag by die Olimpiese Spele in Londen aan hul onderskeie uitdunrondtes deelgeneem het, het uitstekend gevaar.
Bullebak Telkom beboet
Telkom SA is Dinsdag deur die Mededingingstribunaal met R449 miljoen beboet.
Paaie gesluit weens sneeuval
Die N3 op die Van Reenen’s Pass tussen Harrismith en die Tugela-tolplaza is Dinsdag weens swaar sneeuval gesluit.
Nóg ‘n bloulig-bestuurder in die sop
Die bestuurder van Sasolburg se burgemeester is in hegtenis geneem nadat hy glo teen 235km/h op die N1 met die amptelike voertuig gejaag het.
Nuuskanaal vir SAUK
Die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie (SAUK) het Maandag aangekondig dat hy in September met ʼn 24-uur nuuskanaal gaan begin.
Foto’s: Wit Kersfees in Augustus
Talle mense regoor Suid-Afrika het Dinsdagoggend in ʼn winter-wonderland wakker geword weens sneeuval oornag.
Nuuskommentaar: Reik na die sterre met knieë op die grond
Herman Toerien plaas die Curiosity-verkenningstuig se landing op Mars in perspektief.
Nog ʼn zama se lyk gekry
Die liggaam van ʼn derde onwettige mynwerker is Maandag in ’n vlak graf langs die Sandrivier in Virginia in die Vrystaat gekry.
Uiterste weerstoestande verwag
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) sê baie koue toestande, swaar reën en swaar sneeuval word vandag in sekere dele van die land verwag.
Egpaar oorleef na motor van brug val
ʼn Man en sy vrou het ternouernood aan die dood ontkom nadat hulle motor van ʼn brug geval en in die Amanzimtoti-rivier naby Durban in KwaZulu-Natal beland het.
Man dagvaar onderwyseres wat hom glo gestremd gelaat het
‘n Voormalige skolier dagvaar die departement van basiese onderwys en sy voormalige laerskoolonderwyseres vir R4 miljoen vir beserings wat hy in Graad 3 opgedoen en hom glo gestremd gelaat het.
10de Boeremag-lid skuldig bevind
Boeremagleier Tom Vorster is Maandag aan hoogverraad skuldig bevind.
Volkswagen vier een karretjie se 1 miljoen km
Gerrie Esterhuizen (67), ‘n verkoopsman van Soutpan naby Bloemfontein het reeds 1 miljoen km met sy 2004 Volkswagen Polo afgelê, sonder enige ongeluk of meganiese fout.
Mans vas ná hul agt gesteelde skape in klein bakkie prop
Drie mans is Saterdag in hegtenis geneem nadat agt gesteelde skape, waarvan twee dood was, in hul besit gevind is. Hulle het die skape agterop ʼn klein bakkie vervoer.
Polisieteenwoordigheid opgeskerp ná Saterdag-slagting
Die ANC het ʼn aanval oor die naweek, waarin vyf mense dood en 17 ander beseer is, streng veroordeel en vra die publiek se samewerking om die verdagtes op te spoor.
Ma vas ná sy baba alleen los
ʼn Ma is in hegtenis geneem en gaan van verwaarlosing aangekla word, nadat sy haar vier maande oue baba alleen by die huis gelos het terwyl sy gaan drink het.