Een persoon is dood na gisteraand se voorval by die Kaapstad-stadion waar ʼn stellasie omgewaai het voor die groep Linkin Park daar opgetree het.
Alles vir die maand November 2012
Valke-woordvoerder geskors ‘ná twiet’
Kol. McIntosh Polela, woordvoerder van die Valke, is geskors vermoedelik nadat hy ʼn omstrede uitlating gemaak het op Twitter.
SA man sterf in Aus-woestyn
Mauritz Pieterse (25) is Maandag in die Simpson-woestyn, in die suidweste van Queensland in Australië, weens hitte-uitputting en ontwatering dood.
Bejaarde man skiet vrou, pleeg selfmoord
ʼn Bejaarde man het sy vrou doodgeskiet waarna hy selfmoord gepleeg het in sy motor by die parkeerterrein van die Atterbury Value Mart-winkelsentrum in Pretoria-Oos.
Talle beseer by Linkin Park-konsert
Minstens 20 mense is beseer nadat ʼn advertensieboord omgewaai het buite Kaapstad-stadion waar die groep Linkin Park Woensdagaand opgetree het.
Renosterkoei en kalf in NW gestroop
Die karkasse van ‘n renosterkoei en haar kalf is Woensdag by die Mafikeng-wildreservaat in Noordwes gevind.
Polisiebeampte doodgeskiet in KZN
ʼn Polisiebeampte is Woensdagoggend in Howick, KwaZulu-Natal doodgeskiet.
1time amptelik onder likwidasie geplaas
Die laekostelugredery 1time is Dinsdag amptelik onder voorlopige likwidasie geplaas in die hooggeregshof in Pretoria.
Nuwe wetgewing het mes in vir “nie 100%-swart” liefdadigheidsorganisasies
As ʼn nuwe voorgestelde wetgewing goedgekeur word, kan dit daartoe lei dat besighede swart ekonomiese bemagtiging (BEE)-punte verloor as hulle welsynsorganisasies ondersteun wat nie 100% swart begunstigdes het nie.
Verkilde bessies met geurige witsjokoladesous
‘n Nagereg ideaal vir ‘n Suid-Afrikaanse somer. Om deur die yskoue bessies te byt terwyl die romerige, warm sjokoladesous daaroor vou, sorg vir ‘n goeie kontras en smaaksensasie
Baba in hospitaal nadat sy in warm kar gelos is
ʼn Vier maandeoue babadogtertjie is in ʼn ernstige toestand in die hospitaal nadat sy Woensdag in Springs in ʼn voertuig, wat in die son parkeer was, gelos is.
Vliegtuig nog soek
Vriende en familie van Bryan Simms van Midrand en sy seun wie se ligte vliegtuig meer as tien dae gelede oor Mosambiek vermis geraak het, vra vrywilligers om te help met die soektog.
15-jarige meisie verkrag en vermoor
Die polisie in Koster, Noordwes, ondersoek ʼn saak van moord nadat die liggaam van ʼn 15-jarige meisie Dinsdagmiddag gevind is.
Potch-vrou en haar honde vermoor
Maria Maree (61) van Potchefstroom se erg ontbinde liggaam is Dinsdagoggend gevind nadat sy sedert 30 Oktober vermis was.
Video: SA-boogskutters bring 30 wêreldkampioenskap-medaljes huis toe
Boogskutters van Suid-Afrika het pas van die wêreldkampioenskap in Argentinië met ʼn kas vol medaljes teruggekeer.
Skoonmaak van Fukushima kos miljarde
Die eienaars van die Fukushimakernkragsentrale in Japan wat verlede jaar deur ‘n reuse tsunami getref is, Tepco, sê die skoonmaak gaan sowat R1,2 biljoen (R1 200 miljard) kos.
“Uitgestorwe” dolfynsoort leef toe nog
Die karkasse van ‘n wyfiedolfyn en haar kalf wat aan die kus van Nieu-Seeland gekry is, is geïdentifiseer as die oorblyfsels van ‘n dolfynsoort wat moontlik as uitgesterf beskou is.
Capuchin-apie op vrye voet in Pretoria
Pretoria-inwoners se hulp word ingeroep om op die uitkyk te wees vir ’n Capuchin-apie wat uit die Atterbury Dierehospitaal ontsnap het.
Seuntjie wat byna verdrink: Ouers vra mense moet aanhou bid
Edgar Julyan, die seuntjie wat Vrydagmiddag byna verdrink het, se ouers vra dat mense moet aanhou bid vir hom.
Helené Bester kry siffie in been om bloedklont te keer
Die Afrikaanse sanger, Helené Bester, het Dinsdag ʼn operasie ondergaan in ʼn poging om te keer dat ʼn bloedklont wat vergroot het, na haar hart of longe beweeg.