‘n Video op YouTube wat wys hoe ‘n reuse-arend ‘n kleuter optel en ná ‘n paar meter weer laat val, is ‘n foefie.
Lees meerAlles vir Donderdag 20 Desember 2012
Karhandelaar van Germiston ontsnap ná ontvoering
‘n 39-jarige man van Germiston wat Donderdag deur twee gewapende mans ontvoer en vir ‘n losprys aangehou is, het Donderdagoggend ontsnap.
NSRI red 2 toe kano omslaan
Twee 19-jarige mans is Donderdag in Hermanus gered toe hulle nagelaat het om die dreineringsprop in hul kano in te prop.
ANC wil nuwe taalbeleid hê
Die ANC wil seker maak dat die aanleer van ‘n Afrika-taal verpligtend in alle skole is.
Mangaung: NUK verkies
Die ANC se verkiesingskommissie het Donderdag die name van die persone wat tot die nasionale uitvoerende komitee (NUK) verkies is, bekendgemaak.
Bobby van Jaarsveld se tweede seuntjie is gebore
Die bekende sanger, Bobby van Jaarsveld en sy vrou, Annatjie, se tweede kind is Donderdagmiddag gebore.
Tieners wat glo kinders vermoor in hof
Ses tieners wat van die moord op drie ander kinders in Mookgopong in Limpopo aangekla word, het Donderdag in die landdroshof verskyn.
Video: Danville sukkel dié Kersfees
Vir die eerste keer in 18 jaar het die Danville-liggiehuis in Pretoria nie genoeg skenkings van die publiek onvang om te sorg dat 950 gesinne en 450 bejaardes op Kersdag ‘n bord kos kry nie.
Polisie skiet rower in boud
ʼn Vermeende rower is Donderdagoggend geskiet en gewond ná ʼn wilde jaagtog en ʼn oor-en-weer skietery met die Gautengse polisie.
Trein tref vermeende epilepsie-lyer
ʼn Man wat glo ʼn epilepsie-lyer was, is Woensdag in Uitenhage in die Oos-Kaap, deur ʼn trein doodgery.
Vliegtuigongeluk: Ondersoek afgehandel
Die Suid-Afrikaanse Lugmag (SALM) het Woensdag bekend gemaak dat die ondersoek na die onlangse Dakota-vliegtuigongeluk, waarin al 11 bemanningslede aan boord gesterf het, afgehandel is.
Engeland-polisie soek na SA-man
ʼn Man van Kaapstad word in ‘n internasionale ondersoek in verband met die moord van ʼn man van Engeland gesoek.
Lugmagpersoneel moet bonusse terugbetaal
Omtrent 200 lugmagpersoneellede wat vir Desember per abuis prestasiebonusse betaal is, moet dit nou terugbetaal.
Outa besluit of hy teen e-tol-uitspraak gaan appelleer
Die Bondgenootskap Teen Stedelike Tol (Outa) gaan Vrydag besluit of hulle teen die onlangse uitspraak oor die omstrede e-tolstelsel in Gauteng gaan appelleer.
Waatlemoen-en-perske-slapjantjie
‘n Verfrissende waatlemoen-en-perske-slapjantjie (smoothie) vir ‘n snikhete somersdag.
Paddatjie ‘ryloop’ van China tot Kaapstad
ʼn Paddatjie het in China in ʼn porselein-kershouer beland en al die pad tot Kaapstad oorleef, net om hier van kant gemaak te word.
Jong man sterf in Vaal-botsing
ʼn Man, in sy vroeë 20s, is dood nadat sy voertuig Donderdag in die vroeë oggendure op die R59-deurpad gerol het.
Nuuskommentaar: Gevaarlike werk van joernaliste
Vanjaar was die dodelikste jaar vir joernaliste wêreldwyd sedert die internasionale persvryheidswaghond, Verslaggewers sonder Grense in 1995 dié syfers begin byhou het.
Onderwyser se lyk in bed gekry
ʼn Onderwyser se liggaam is Woensdag in sy huis in Somerset-Oos in die Oos-Kaap gevind.
Mej. Heelal 2012 is….
Die wenner van vanjaar se Mej. Heelal-kompetisie is ʼn kort ruk gelede by die Planet Hollywod Hotel en Casino in Las Vegas aangekondig.