Nathan Sawaya se uitstalling, “The Art of the Brick”, wat in sy geheel met Lego-blokkies gebou is, is moontlik die ingewikkeldste Lego-bouwerk nog.
Lees meerAlles vir Sondag 16 Junie 2013
Man vas ná fietsryer se dood
‘n Minibusbestuurder is in hegtenis geneem nadat hy glo ‘n fietsryer op die N14 naby Vryburg in Noordwes doodgery het.
R25 miljoen-skadevergoeding aan 11-jarige
Kerri Mel O’Loughlin, ‘n 11-jarige dogter wat breinskade opgedoen het na ‘n reeks mislukte operasies, is skadevergoeding van R25 miljoen toegeken, het die Sunday Times berig.
Boer dreig om water af te sny
‘n Boer van die Noord-Kaap het gedreig om nie meer water aan Victoria-Wes te voorsien nie, aangesien die plaaslike munisipaliteit hom nog nie betaal het nie, het Rapport Sondag berig.
Drie vas ná Potch-aanval
Twee tieners en ‘n man is in hegtenis geneem vir die moord op ‘n 17-jarige huishulp en die aanval op ‘n bejaarde egpaar in Mohadin, Potchefstroom.
Malema se party glo “politieke selfmoord”
Fikile Mblalula, minister van sport en ontspanning, reken Julius Malema se plan om ‘n nuwe politieke party te stig is “politieke selfmoord”.
Vadersdag sonder pa
“Die reine waarheid en ander liegstories” is kontreiverhale en meestal humoristies.
Video: Só laat jy babahondjies slaap
‘n Groep oulike babahondjies maak reg vir slapenstyd en sodra hulle die strelende klanke van The Spaniels se “Goodnight Sweetheart Goodnight” hoor, val hulle byna dadelik aan die slaap.
Spesiale Vadersdagfoto’s
Die webwerf, Awkward Family Photos, het spesiaal ‘n album saamgestel om Vadersdag te vier.
Vyf mans sterf op Vadersdag in Suidkus-ongeluk
Vyf mans is dood en vier ander beseer ná hul voertuie mekaar Sondagoggend reg van voor op die R102 in Mnini naby Umkomaas aan die Natalse Suidkus getref het.
Versoek om Zim-verkiesing uit te stel
Die 15 lande van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap het Saterdag ‘n beroep gedoen op pres. Robert Mugabe van Zimbabwe om die verkiesing, wat vir 31 Julie geskeduleer is, uit te stel.