‘n Britse eiendomsontwikkelaar het Dinsdag gesê hy sal ondersoek instel nadat sonstrale, wat van sy halfgeboude wolkekrabber in Londen af skyn, verskeie dele van motors, insluitend ‘n luukse Jaguar-motor, gesmelt het.
Lees meerAlles vir Dinsdag 3 September 2013
Man in hof ná skietery by lugmagbasis
‘n Lid van die SA Lugmag wat by Bloemspruit-lugmagbasis gestasioneer was, het Dinsdag op ‘n aanklag van moord in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn.
Knysna-adjunkhoof verskyn oor verkragting
‘n Adjunkhoof van ‘n skool wat glo ‘n 12-jarige dogter verkrag het, is Dinsdag in die Knysna-landdroshof op borg vrygelaat, het die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) gesê.
Mensehandel-saak uitgestel
Die hofsaak van ‘n dokter, sy vrou en drie ander oor mensehandel en verwante klagtes is Dinsdag in die Durbanse streekshof uitgestel.
Boeremag-dokter “nie ʼn rassis”
Dr. Lets Pretorius, ʼn lid van die Boeremag, het Maandag in die Pretoriase hooggeregshof getuig dat hy nie ʼn rassis is nie en nooit ten gunste daarvan was om geweld te gebruik om ʼn verandering mee te bring nie.
Video: Waterval-Boven-plaasaanval steeds ‘n raaisel
Die motief vir die moord op ‘n 67-jarige boer van Waterval-Boven in Mpumalanga wat Vrydag op sy plaas doodgeskiet is, is steeds ‘n raaisel.
Muti eis sy tol op aasvoëls
Suid-Afrika se aasvoëls word bedreig deur tradisionele gelowe wat glo ʼn aasvoël se kop as muti gee ʼn persoon spesiale magte, het The Times Dinsdag berig.
Goudbedryf: Solidariteit gaan nie nou staak
Die vakbond Solidariteit het Dinsdag gesê dat hy steeds met sy lede beraadslaag rakende die Kamer van Mynwese se finale loonaanbod vir werknemers in die goudbedryf. Solidariteit se lede sal in dié vroeë stadium nog nie aan ʼn staking in die bedryf deelneem nie.
Wetwysigings maak deelname aan nasionale verkiesings vir SA’ners in die buiteland makliker
AfriForum verwelkom aanpassings aan die Kieswet (Wet 73 van 1998) wat deelname aan nasionale verkiesings vir Suid-Afrikaners in die buiteland sal vergemaklik.
Aparte eksamen vir Afrikaanse matrieks
Die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU) ondersoek die moontlikheid van ’n internasionaal erkende, afsonderlike Afrikaanse matriekeindeksamen, het Beeld Dinsdag berig.
SA-krieket gaan miljoene verloor oor “vete”
‘n Beweerde vete van die voorsitter van die Indiese krieketbaas teen Haroon Lorgat, Suid-Afrika se krieketbaas, kan Krieket Suid-Afrika miljoene rande kos.
Pale Toe! se moontlike Springbokvyftiental
Die Springbokafrigter kondig binne 24 uur die span aan wat in die Suncorpstadion in Brisbane teen die Australiërs speel. Terwyl die afrigtingspan kopkrap oor die in- en uitsluitings, kan ons maar net spekuleer oor posisies en spelers
Polisie weerhou nog naam van boer wat selfmoord pleeg
Die polisie van die Wes-Kaap weier nog om die naam van ʼn boer bekend te maak wat Dinsdagoggend selfmoord op sy plaas naby Ashton gepleeg het.
“Mandela reageer op behandeling”
Oudpresident Nelson Mandela reageer op die behandeling wat hy tans by sy huis in Johannesburg ontvang, het president Jacob Zuma Dinsdag gesê.
Boer wat glo tiener op plaas aanrand pleeg selfmoord
Johnny Burger, ʼn boer van Rietvallei buite Robertson, wat daarvan beskuldig is dat hy ʼn werknemer, Flippie Engelbrecht (19) só aangerand het dat hy blind en met epilepsie gelaat is, het glo Dinsdagoggend selfmoord gepleeg.
Springbokke: luister hier na Johann van Graan en Bismarck du Plessis se voorskou
Luister na Johann van Graan en Bismarck du Plessis se voorskou. Luister hier.
Mercedes-Benz A45 AMG
Die Mercedes-Benz A45 AMG se 0-100 km versnelling is 4.6 sekondes. Dis die soort syfers waar net die grootmenere soos Porsche en Ferrari saamgesels.
Man sterf ná hy agter in trok vasry
ʼn Man is dood en twee mense is beseer nadat ʼn voertuig Maandagaand in KwaZulu-Natal agterin ʼn swaarvoertuig vasgery het. Volgens Chris Botha, ʼn woordvoerder…
Polisieman in sop oor whiskey
Henrico Adendorff, ʼn polisiebeampte van Kaapstad, is dalk binnekort sy werk kwyt nadat hy glo ʼn bottel whiskey van ʼn geheime agent van die polisie gegryp het en ook omkoopgeld van die agent geëis én aanvaar het.
Uitdrukking: Dit sit nie in sy broek nie
Taaltoffie ondersoek die herkoms van die Afrikaanse uitdrukking “Dit sit nie in sy broek nie.”