John Block, voorsitter van die ANC in die Noord-Kaap, het gesê om saam met pres. Jacob Zuma te loop is soos om saam met God te loop, het The Star Donderdag berig.
Alles vir Donderdag 27 Maart 2014
Uitdrukking: Die rieme neerlê
Lees vandag se Taaltoffie om uit te vind waar die uitdrukking “die rieme neerlê” vandaan kom wat gebruik word wanneer iemand weghardloop.
Mandela se hasie verwyder
ʼn Brons hasie wat as ʼn kunstenaarshandtekening in die oor van die standbeeld van voormalige president Nelson Mandela geplaas is, is verwyder.
“Schumacher sál ontwaak” – woordvoerder
Sabine Kehm, woordvoerder van Michael Schumacher, het in ‘n seldsame verklaring gesê dat die oud-renkampioen beslis sal ontwaak.
Tessa Beetge veilig terug in SA
Die veroordeelde dwelmmuil Tessa Beetge het Donderdagoggend veilig in Suid-Afrika geland, het die SAUK berig.
Wettige horings hou groot voordele in
Gemeenskappe in Suid-Afrika kan baie baat by die implementering van gewettigde handel in renosterhoring en die betrokke gemeenskappe se lewensgehalte sal aansienlik verbeter daardeur, sê Michael Murphree, ’n navorser aan die Puk-kampus van die Noordwes-Universiteit.
Jong bruid gevonnis wat man vermoor
‘n Vrou wat erken dat sy haar man, agt dae na hul huwelikseremonie van ʼn krans af gestamp het, sal na verwagting Donderdag gevonnis word.
Skoliere glo “te oud” vir Graad R
Die Gautengse onderwysdepartement het opdrag aan sommige laerskole in Centurion gegee om van hulle Graad R-leerders dringend oor te plaas na Graad 1 omdat die leerlinge vanjaar sewe jaar oud word en leerlinge nie sewe jaar oud mag wees in Graad R nie.
Video: Buffel jaag leeu van haar kalfie weg
‘n Leeu wat kom ondersoek instel terwyl ‘n jong buffelkalfie staan en bulk, word vinnig die skrik op die lyf gejaag toe die koei opdaag.
Nuuskommentaar: Nkandla dui op politieke noodtoestand
Onder die huidige feitestelling is dit duidelik dat die luukse om weg te bly van die stembus om die ANC te beperk, net nie bestaan nie.
Malema se medebeskuldigdes vrygespreek
Julius Malema, leier van die EFF, se sakevennote is in die Mokopane-streekshof vrygespraak op klagtes van korrupsie, het The Star Donderdag berig.
Brand by Sandton-skool
ʼn Brand het Woensdag by ʼn skool in Sandton in Johannesburg uitgebreek.
Motor in Vryheid aan die brand gesteek
André Lotter, ʼn voormalige ANC-raadslid, se motor is op sy plaas in Gluckstadt naby Vryheid aan die brand gesteek.
Boek: Feestelike koekversiering
In Feestelike koekversiering wys sy hoe om suikerkaraktertjies te skep vir elke soort kuier.
SAL hervat vlugte na Malawi
Die Suid-Afrikaanse Lugdiens het Woensdag weer sy vlugte na Blantyre in Malawi hervat.
Boek: Alles oor hekel
Alles oor hekel is ʼn gids tot die basiese tegnieke en steke van hekel en bied ook addisionele inligting rondom die versorging van hekelwerk.
Boek: Wilhelmina Radebe kom tuis
Roman oor swart Afrikaanssprekendes nuut uitgegee en verbeter.
Zwelinzima Vavi hof toe oor skorsing
Zwelinzima Vavi, geskorste sekretaris-generaal van Cosatu, sal sy skorsing Donderdag in die hooggeregshof in Johannesburg teenstaan.
Griekwastad-moorde: Uitspraak vandag verwag
Regterpresident Frans Kgomo sal na verwagting vandag in die Noord-Kaapse hooggeregshof uitspraak lewer in die moordsaak van Deon Steenkamp (44), sy vrou Christel (43), en hul dogter Marthella (14), wat op Goeie Vrydag in 2012 op hul plaas buite Griekwastad doodgeskiet is.
Tessa Beetge glo vandag terug in SA
Tessa Beetge sal na verwagting vandag van Brasilië in Suid-Afrika aankom, berig East Coast Radio.