Papoea-Nieu-Guinee is Saterdag deur ʼn kragtige aardbewing van 7,5 op die Richterskaal getref.
Lees meerAlles vir Saterdag 19 April 2014
‘Zuma se nalatenskap bepaal deur Nkandla’
President Jacob Zuma se nalatenskap is afhanklik van hoe hy die kwessie rakende die opgraderings aan sy privaatwoning in Nkandla hanteer, het die aartsbiskop van Kaapstad, Thabo Makgoba, gesê.
Veerbootramp: Kaptein, bemanning vas
Die kaptein van die veerboot wat vroeër die week in Suid-Korea omgeslaan het, is in hegtenis geneem.
Nigerië-ontploffing: Boko Haram aanvaar verantwoordelikheid
Die leier van die Islamitiese netwerk Boko Haram het verantwoordelikheid aanvaar vir Maandag se bomaanval in Abuja, Nigerië waarin minstens 75 mense dood is.
Verdwaal in SA teen 2020 iets van die verlede
Die Suid-Afrikaanse Ruimteagentskap (Sansa) hoop om teen 2020 die land se eie akkurate navigasiestelsel, bekend as Satellite-Based Augmentation Systems (SBAS), gereed te hê.
DA-advertensie kry 500 000 kyke op Youtube
Die DA se “Ayisafani”-advertensie wat die SAUK vroeër nie wou uitsaai nie, is reeds al amper 500 000 keer op Youtube gekyk.
Nkoka, Podnebesnova wen Twee Oseane
Lebenya Nkoka van Lesotho het Saterdag sy eerste oorwinning in die Old Mutual Twee Oseane ultramarathon in Kaapstad behaal.
Ngoepe: ‘Skrap vierjaar-LLB-graad’
Die afgetrede regter-president Bernard Ngoepe het ʼn beroep op Suid-Afrikaanse universiteite gedoen om die vierjaar-LLB-graad te skrap, berig Saturday Star.
Patoloog steeds deel van Oscar Pistorius-regspan
Die patoloog Reggie Perumal het nie van die moordbeskuldigde Oscar Pistorius se regspan onttrek nie, het die atleet se regsverteenwoordigers gesê.
Motorfietsryer sterf in gru-ongeluk
ʼn Motorfietsryer is Saterdagoggend dood na ʼn gru-ongeluk in Tafelsig in Mitchells Plain.
Tien vas na moord op polisiebeampte
ʼn Polisiebeampte is een van die 10 verdagtes wat in hegtenis geneem is in verband met die moord op ao. Steven Britz.
Groot geld op die spel in Twee Oseane-marathon
Daar is vanjaar groot geld op die spel vir die man of vrou wat die huidige rekords vir die Old Mutual Twee Oseane 56km-ultramarathon kan verbeter. Die rekords is onderskeidelik in 1988 en 1989 opgestel.
Motorfietsryer vas teen 271km/h
Twee motorfietsryers is Vrydag op die N1-suid vir spoedoortredings in hegtenis geneem.
Ouers, seuntjie sterf in botsing
ʼn Vrou, haar man en hul eenjarige seun is dood na ʼn botsing reg van voor op die N8 in Bloemfontein in die Vrystaat.
Gedagte vir die dag: God gee om vir jou
Psalm 144:3,4 – Here, wat is ʼn mens dat U U aan hom steur? Die mens is soos ʼn skaduwee. Sy lewe is nie lank…