Jarbas Agnelli, ʼn multimediakunstenaar van Brasilië, het een oggend ʼn swerm voëls op ʼn draad sien sit en gewonder hoe die musiek sou klink as dit verwerk word.
Lees meerAlles vir Saterdag 26 April 2014
Laaste Titanic-brief haal rekordprys
Die laaste brief wat op die Titanic geskryf is, is Saterdag teen £119 000 (sowat R2.1 miljoen) op ʼn veiling verkoop.
Koshuis-dood sal ondersoek word
Rhodes-Universiteit het Saterdag bevestig hy sal ondersoek instel nadat die liggaam van ʼn student en ʼn man die oggend in ʼn koshuiskamer by die universiteit opgespoor is.
SAUK hoef nie EFF-advertensie uit te saai nie
Die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid het Saterdag ten gunste van die SAUK beslis om nie die EFF se verkiesingsadvertensie uit te saai nie.
UDM ondersteun Amcu-staking
Die UDM het Saterdag gesê mynwerkers by die platinummyne in Rustenburg moet nie hul staking laat vaar nie. Intussen het Solidariteit Helpende Hand kospakkies uitgedeel aan mynwerkers wat gebuk gaan onder die voortslepende staking. Foto’s volg onderaan die berig.
Land se hoogste eer aan Sandra Prinsloo toegeken
Die bekroonde aktrise Sandra Prinsloo ontvang Sondag ʼn Nasionale Orde van pres. Jacob Zuma, die hoogste toekenning in Suid-Afrika.
Twee dood aangetref in koshuiskamer
ʼn Student aan die Rhodes-Universiteit in die Oos-Kaap en ʼn 34-jarige man is Saterdag dood aangetref in ʼn koshuiskamer by die universiteit.
Werknemer by Chimp Eden aangeval
ʼn Werknemer van die bekende Chimp Eden in Nelspruit is Vrydag aangeval nadat een van die sjimpansees ontsnap het.
Borgtog vir vroue wat glo kleuter in badkamer vasbind
Die eienaar en ʼn werknemer van ʼn dagsorgsentrum in Rosettenville, Johannesburg, waar ʼn kleuter in ʼn badkamer vasgebind is, is Vrydag op borgtog vrygelaat, het The Star Saterdag berig.
Video: Malema besoek Thaba ‘Nchu
Die Ekonomiese Vryheidsvegters het ‘n video van Malema se besoek aan Thaba ‘Nchu in die Vrystaat op Facebook gelaai.
Ses dood in Kroonstad-ongeluk
Ses mense is Saterdag dood toe twee voertuie mekaar op die N1 naby Kroonstad in die Vrystaat getref het.
Kat uit boom gered
Andrew Rogers, ʼn paramedikus van ER24, het Vrydag by die huis gekom en ontdek sy kat het ʼn paar meter in ʼn boom in opgeklim.
EFF dien klag by gelykheidshof in teen Zuma en Zille
Die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) het Vrydag ʼn klag teen Helen Zille, leier van die DA, en president Jacob Zuma by die gelykheidshof ingedien. Die party eis lewenslange tronkstraf vir die beskuldigdes.
“Kaper” het gemakhuisie gesoek
ʼn Australiese passasier wat ʼn kapingswaarskuwing in ʼn Virgin Australia-vliegtuig laat afgaan het, voer aan hy het aan die kajuit se deur gehamer omdat hy dit met die toilet verwar het.
Bekende joernalis oorlede
Carlien Wessels, vryskutjoernalis en voormalige redakteur, wat ʼn paar dae lank in ʼn koma in ʼn hospitaal in Johannesburg was, is Vrydag laatmiddag oorlede.
Gedagte vir die dag: Vertrou God en nie mense nie
Psalm 146:2,3 – Ek wil die Here met alles in my prys. Vol opgewondenheid wil ek vir my God liedere sing so lank as wat…