President Jacob Zuma het tans nie ʼn goeie verhouding met die parlement nie weens lede van opposisiepartye se gedrag, het adjunkpresident Cyril Ramaphosa gesê.
Alles vir Donderdag 6 November 2014
Rowers skiet ma, suster voor seun
ʼn 14-jarige seun van Primrose, Germiston is wees gelaat nadat rowers tydens ʼn vermeende gewapende rooftog sy ma en ouer suster voor hom geskiet het.
Boek: ’n Ontdekkingsreis deur die Bybel- vir kinders
Dié boek sal kinders help om sin te maak van die Bybel deur vir hulle praktiese, lekker en interessante maniere te wys om dinge oor die Bybel te leer.
Pa martel, vermoor dogter se ‘verkragter’
ʼn Man van Indië wat sy dogter se vermeende verkragter gemartel en vermoor het, word as ʼn held beskou in ʼn saak wat skokgolwe deur die land gestuur het.
Drie vas vir Durban-sleepmoord
Drie mans is in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn 20-jarige man van Overport wat Dinsdagaand in Durban met ʼn skerp voorwerp gesteek en glo in ʼn teerpad gesleep is.
Nuuskommentaar: Met sulke vriende binne laer het hy nie vyande daarbuite nodig nie
Herman Toerien neem die gewoonlik naamlose gebruik van die kuberruim om karaktermoord te pleeg, haatspraak te saai, en doodgewoon onwelvoeglik (liewer walglik) op te tree deur middel van kommentaar wat gelewer word, onder die loep.
Motorfietsryer en voetganger sterf in ongeluk
ʼn Motorfietsryer en ʼn voetganger is Woensdag dood tydens ʼn ongeluk in Main Reefweg in Florida, Roodepoort.
Twee in hof oor R85 m. se ecstacy
Twee mans het Woensdag in die Middelburg-landdroshof in Mpumalanga verskyn nadat daar glo ecstacy-tablette ter waarde van R85 miljoen in hulle besit gevind is.
Belastingbetaler hoes vir herskikte kabinet
Die regering het berigte ontken dat die nuwe staatsdepartemente die belastingbetaler ʼn bykomende R66 miljoen per jaar uit die sak gaan jaag.
Vier vas oor wapens
Vier mense is in hegtenis geneem nadat daar vuurwapens gevind is op ʼn kleinhoewe in Bronkhorstspruit, oos van Pretoria, het die SAUK berig.
Gedagte vir die dag: Sagmoedigheid as lewenswyse
Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed. My juk is sag en my las is lig. (Matt 11:28-30)