ʼn Merkwaardige foto van ʼn wesel wat agterop ʼn speg se rug ʼn “saamrygeleentheid” gekry het, het sosiale media gaande.
Lees meerAlles vir Dinsdag 3 Maart 2015
Khulubuse Zuma verloor Aurora-aansoek
Khulubuse Zuma se dringende aansoek om eise ter waarde van meer as R1.5 miljard teen Aurora Empowerment Systems tersyde te stel, is Dinsdag in die Pretoriase hooggeregshof van die hand gewys.
Kragnetwerk steeds onder druk
Die kragnetwerk sal vir die res van die week onder druk bly, het Eskom Dinsdag gesê.
Kaapstad-brandbestryders vereer; brand woed voort
Talle persone, waaronder pres. Jacob Zuma, het Dinsdag hul dank en lof uitgespreek vir die brandbestryders wat steeds dapper ʼn groot brand in Kaapstad bestry.
Uitlanders se winkels in Limpopo geplunder
Uitlanders in Ga-Sekgopo, oos van Polokwane in Limpopo, moes hul winkels verlaat nadat plaaslike inwoners glo op hulle toegeslaan het.
Agang SA trek mosie van wantroue terug
Agang SA het Dinsdag tydens ʼn sitting in die Nasionale Vergadering ʼn mosie van wantroue in pres. Jacob Zuma teruggetrek.
Goeie nuus: Nelspruit-ontvoeringsdrama spoedig opgelos
ʼn Sesjarige seun is terug in sy ouers se sorg nadat hy Vrydag in Nelspruit, Mpumalanga, glo deur vyf mans ontvoer is.
Boek: Feite en geite: seediere-reeks
In die “Feite en geite: seediere”-reeks verbeel ons onsself hoe seediere in allerhande alledaagse situasies sou optree. Kinders leer op ‘n humoristiese en prettige manier meer oor hul grootte, bou, dieet en ander gewoontes.
Noord-Korea dreig VSA met ‘voorkomende kernaanval’
Noord-Korea kan die VSA met sy kernvermoë afskrik en indien nodig, selfs “voorkomende kernaanvalle” loods, het Ri Su Yong, Noord-Korea se minister van buitelandse sake, by ’n internasionale beraad oor ontwapening in Genève, gedreig.
Luister: Helena Spring gesels oor 18 Safta-nominasies en plaaslike rolprentbedryf
Die nominasies vir die Suid-Afrikaanse film- en televisietoekennings (Safta’s) is onlangs bekendgemaak en die rolprente Hard to get en Faan se trein is altesaam 18 keer genomineer.
Video: ‘Rassistiese’ man dreig egpaar met mes
ʼn Paartjie van Sunninghill in Johannesburg leef in vrees nadat ʼn buurman in hul veiligheidskompleks rassistiese aanmerkings teenoor hulle gemaak het en met ʼn mes in sy hand gedreig het om hulle harte uit te sny.
AfriForum dien klagte van diskriminasie in teen SA regering by VN
Die burgerregte-organisasie AfriForum het Dinsdag ’n klagte teen die Suid-Afrikaanse regering by die Verenigde Nasies (VN) se spesiale verslaggewer oor die situasie van menseregteverdedigers ingedien.
Resep: Poppie se muffins
Hierdie maklike muffinresep kom uit Tannie Poppie se kombuis
Polisiebeampte skiet twee, self
ʼn Polisiebeampte het sy vriendin en haar ma doodgeskiet voordat hy selfmoord gepleeg het, het die polisie in Gauteng Dinsdag gesê.
Agt ontsnap van Modimolle-polisiestasie
Die polisie is op soek na agt verdagtes wat uit die aanhoudingselle by die Modimolle (Nylstroom)-polisiestasie in Limpopo ontsnap het.
Carike Keuzenkamp verjaar en stel binnekort ‘n nuwe album vry
Carike Keuzenkamp, een van Suid-Afrika se gewildste sangeresse tot nog toe gaan binnekort haar langverwagte terugkeer maak met ‘n nuwe album.
Swartwater-boer het gelewe vir sy plaas
Dr. Louis-John Botha, die boer (64) van Swartwater in Limpopo wie se liggaam Maandag in ʼn waterkuil naby sy plaashuis gevind is, het 15 jaar gelede sy stetoskoop opgehang om heeltyds met wild te boer.
Nuwe vrystellings: 2 Maart 2015
Gerhard Steyn, Die Heuwels Fantasties en Bouwer Bosch het almal nuwe liedjies wat binnekort op speel- en trefferlyste gevoeg sal word.
Boek van die maand (resensie): Die respektabele meneer Hartslief
Ilse Salzwedel resenseer Maroela Media se boek van die maand, “Die respektabele meneer Hartslief”
Maroela Media Top 20: 02 Maart 2015
Die nuwe nr. 1-treffer is Bietjie meer as soen van Anaïs, terwyl Knysna van Anders na die tweede plek toe terugsak.