Lewer 4 porsies
Alles vir Vrydag 4 September 2015
[Foto’s] Erge skade vir Noordwes-dorp ná haelstorm
ʼn Erge hael- en donderstorm het Vrydag in die vroeë oggendure derduisende rande se skade in Lichtenburg in Noordwes aangerig.
Vyf babas sterf in KZN-hospitaal
Die KwaZulu-Natalse departement van gesondheid het ontken dat ʼn bakteriële infeksie die oorsaak was vir die dood van vyf babas by ʼn hospitaal in Durban.
Skatkisvonds by grenspos gemaak
Meer as R2 miljoen se edelgesteentes en goud is by die Beitbrug-grenspos gevind toe ʼn vragmotor van die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) Woensdag daar deur doeanebeamptes deursoek is.
‘Swanger’ SA vrou se maag toe vol dwelms
ʼn 32-jarige Suid-Afrikaanse vrou wat beweer het sy is sewe maande swanger, is Sondag by die Rajiv Gandhi Internasionale Lughawe in Hyderabad, Indië, in hegtenis geneem nadat beamptes besef het haar maag is eintlik geswel weens dwelms wat sy glo ingesluk het.
Boek: Jesus in my lewe
Johan en Helena Smith span kragte saam om kinders te oortuig hoe belangrik dit is om Jesus as fondament in hul lewe te hê sodat hulle die regte besluite kan neem.
Nuuskommentaar: Die juk van kwaadwillige regering en die fiksiedoktrine
Met pres. Jacob Zuma se aanvaarding van ’n uitnodiging van Omar al-Basjir om ’n ampsbesoek aan Soedan te bring, betree die regering (al weer) die geledere van kwaadwillige regerings. En dit kan hard boemerang.
SA stuur vlugtelinge huis toe
Ongeveer 2 000 Angolese vlugtelinge, van wie vele al die afgelope 18 jaar in Suid-Afrika woon, staar deportasie in die gesig nadat hul vlugtelingstatus onttrek is, het The Times Vrydag op sy voorblad berig.
Nigeriër in Jhb vas oor mensehandel
ʼn 30-jarige man van Nigerië is in Johannesburg in hegtenis geneem in verband met mensehandel, nadat ʼn slagoffer in Mei vanjaar ontsnap het, het die Suid-Afrikaanse Polisiediens Donderdag bevestig.
Sesde SA’ner vas oor internasionale porno-netwerk
ʼn Sesde Suid-Afrikaner is in hegtenis geneem in verband met ʼn internasionale kinderpornografie-ondersoek met die kodenaam Operasie Cloud 9.
Vulstasiemoord: Verdagte weer in die hof
Dave Forbes, ʼn musiekpromotor, sal na verwagting Vrydag weer in die Kaapstadse landdroshof verskyn op aanklag van moord.
Oom Frikkie koop ’n dorpshuis
Daar was nogal redelik belangstelling die middag toe oom Willie sy dorpshuis laat opveil het. Hy was ’n gesiene man in hierdie klein dorpie waar almal mekaar geken het.
Gedagte vir die dag: Laat Gód die werk doen
Trek die nuwe mens soos skoon klere aan, die mens wat na God se beeld geskape is: iemand wat werklik reg lewe voor God en werklik aan Hom toegewy is. (Efesiërs 4:24)