ʼn Foto van ʼn werknemer by ʼn McDonald’s-kitskosrestaurante in Chicago, Amerika, wat ʼn gestremde bejaarde voer, gryp wêreldwyd mense se harte aan.
Lees meerAlles vir Donderdag 24 September 2015
Treinrit vir rondloperbrakke
ʼn Foto van ʼn man wat rondloperhonde in ʼn trein vervoer, word wyd op sosiale media gedeel.
EFF soek gratis tersiêre opleiding teen Januarie 2016
Die Ekonomiese Vryheidsvegters se studentekorps, EFFSC, het gesê gratis opvoeding moet aan alle Suid-Afrikaners gebied word van graad 1 tot hul eerste graad.
SANW bevestig dissiplinêre stappe teen DRK-soldate
Tot 50 lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) kan moontlik huis toe gestuur word nadat hulle glo die aanklokreël verbreek het.
ToekomsVenster: Vertrou op God
Dit beteken niks anders as om God nuut te vertrou al lyk dinge krom en skeef nie. Is jy bereid om God (weer) ‘n kans te gee?
Spanning in Rusland oor VSA-atoomwapens
Dmitri Pesko, woordvoerder van die Russiese president, beskuldig die VSA van onnodige ekstra spanning in Europa, aangesien dié land glo nuwe taktiese atoomwapens in Duitsland wil bewaar.
Universiteitsbestuurder vas oor valse matrieksertifikaat net voor aftrede
Lesiba Lazarus Lebelo (59), bestuurder van arbeidsverhoudinge aan die Universiteit van Limpopo se Turfloop-kampus, het Woensdag in die hof verskyn nadat hy Dinsdagaand by sy huis in Polokwane in hegtenis geneem is op aanklag van bedrog.
[Video] Regering grootste besoedelaar van water in SA
Die burgerregte-organisasie AfriForum sê volgens die Groendruppelverslag is die regering die grootste besoedelaar van water in Suid-Afrika.
Suid-Afrikaner van die jaar aangewys
Die Suid-Afrikaner van die jaar, soos aangewys deur die publiek, is Donderdag deur die bekende persoonlikheid Jan Braai bekend gemaak.
Minstens 220 dood tydens Mekka-stormloop
Minstens 220 persone is dood en 450 beseer in ʼn stormloop tydens een van die laaste rituele van die Hajj-seisoen.
Die grootste golf vlugtelinge is nog oppad
Donald Tusk, raadspresident van die Europese Unie, het Woensdag tydens ʼn spesiale noodvergadering gesê die grootste golf vlugtelinge is nog op pad na Europa. Hy meen Europa sien tans nog net die begin van die krisis.
N2-ongeluk: 2 dood, 52 beseer
Minstens twee persone is Donderdag dood in ʼn ongeluk op die N2 naby Harding in KwaZulu-Natal.
Minstens 25 dood ná Jemen-selfmoordbom
Minstens 25 aanbidders is Donderdag dood en talle persone beseer tydens ʼn selfmoordbomaanval in ʼn moskee in Sana’a, Jemen.
Noordwes waarsku oor vals lughaweposte
Bedrieërs in Noordwes maak geld uit niksvermoedende werksoekers deur vals poste aan te bied by Mafikeng- en Pilanesberg-lughawens.
Nuuskommentaar: Erfenis word weggetransformeer
Bykans enige rassistiese heksebrousel word onder die vaandel van transformasie ingevee en verwerf só ’n onaantasbare status. Dit dui ook toenemend op ’n ingesteldheid dat transformasie bo die grondwet verhewe is. In die proses word erfenisregte in die grondwet eenvoudig ondergeploeg.
Illustreerder ontvang Katrine Harries-toekenning
Die gewilde illustreerder Maja Sereda is aangewys as die wenner van die gesogte Katrine Harries-toekenning vir haar illustrasies in die kleuterboek ‘Haasmoles’.
‘Dis nie ʼn sonde vir swart mense om meer geld te verdien nie’ – Motsoeneng
Hlaudi Motsoeneng, bedryfshoof van die SAUK, het oor sy salarisverhoging van nagenoeg R1 miljoen gesê die idee dat daar onreëlmatighede is wanneer swart mense meer geld verdien, moet uit die weg geruim word.
Geen beurtkrag Donderdag verwag nie
Eskom het Donderdagoggend in ʼn verklaring bevestig die kragnetwerk is stabiel en daar sal na verwagting geen beurtkrag toegepas word nie.
Telkom-werkers wéér aan herstrukturering onderwerp
Voormalige Telkom-werknemers wat vroeër vanjaar as deel van Telkom se artikel 197-sakeoordragproses na Barloworld Logistics oorgeplaas is, staar weereens afleggings in die gesig.
[Video] Vier Afrikaans op Erfenisdag
Erfenisdag is meer as net nasionale braaidag. Dit is ook ʼn dag waarop Afrikaans as taalerfenis gevier kan word.