Nadat die driejarige Logan Dyssel in 2013 tydens ʼn noodkeisersnee gebore is, het die gesin se lewe “byna in duie gestort”.
Alles vir Woensdag 17 Augustus 2016
Gedig: Vrugte-ontbyt vir ʼn beminde
“Soggens vroeg bring ek vir jou vrugte uit die paradys…” Lees George Weideman se gedig, “Vrugte-ontbyt vir ‘n beminde”
Beskerm jou pensioenfonds, sê Roodt
Die beloftes van politici is altyd groter as Suid-Afrikaanse belastingbetalers se vermoë om te presteer, sê Dawie Roodt, hoofekonoom van die Efficient Group.
Moderne slawerny: Hoeveel weet jy?
Belinda Campher en Alita Rose maak in dié artikel skokfeite bekend van mensehandel wat onder ons neuse plaasvind. Hulle vertel ook meer van Elanie Kruger, voorheen ʼn slagoffer van mensehandel.
[Resep] Gesondheidsbrood
Dié broodjie lyk nie net pragtig nie…
Herrie oor ‘Beautiful in Beaufort-Wes’
Die digter, sanger en liedjieskrywer Gert Vlok Nel het sy Facebook-blad gebruik om sy misnoeë uit te spreek oor die feit dat Theuns Jordaan sy liedjie “Beautiful in Beaufort-Wes” opgeneem het sonder Nel se toestemming. Jordaan het pas ʼn amptelike verklaring uitgereik en sê hy is geskok oor Nel se uitlatings.
SA Rugbyunie-president bedank
Oregan Hoskins, president van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru), het bedank.
KZN polisiehoof weer geskors
Lt.genl. Mmamonnye Ngobeni, KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, is weer eens opdrag gegee om haar kantoor te ontruim nadat die polisie ʼn aansoek ingedien het om teen ʼn hofuitspraak wat haar vorige skorsing ophef, te appelleer.
Nuuskommentaar: Het Suid-Afrika ’n towerdoepa vir al sy probleme?
Die gevaar van “derdewêreldkanisering” vir die Weste maak ’n belangrike deel uit ná die problematiek wat baie lande nou ervaar. In Suid-Afrika is daar van regeringskant skynbaar geen besef oor die noodsaak van “derdewêreldkanisering” nie, en lyk dit eerder of aspekte daarvan, soos korrupsie, omarm word.
[Foto’s] Opgradering van Pta-waterpype verloop volgens plan
ʼn Span werkers het Dinsdag deur die nag gewerk aan die watertoevoernetwerk in die ooste van Pretoria om ʼn langdurige wateronderbreking te probeer vermy.
ToekomsVenster: God is liefde
God is liefde, juig ons harte en bedink wat liefde doen. Dat Hy ons sy Seun gegee het om ons sonde te versoen. Hy wat eerste liefgehad het, het in liefde ons vergeef. Nou kan ons uit God gebore uit die Bron van liefde leef. Uit die Bron van liefde leef.
Pa gevonnis ná moord op babadogtertjie
ʼn 25-jarige pa van Montagu is Dinsdag in die Wes-Kaapse hooggeregshof gevonnis vir die moord op sy drie maande oue babadogtertjie.
Só word daar met spelers se koppe gesmokkel
Kopspeletjies.
Koalisies: Haelgeweer-huwelik of demokrasie-brug?
Koalisies kan, veral in die groter stede, dálk iets goeds vir die Suid-Afrikaanse demokrasie inhou. Kom ons skilder ’n scenario waarin die DA en die EFF saam ’n stad moet bestuur. Dit kan op een van twee rigtings uitloop, skryf Leopold Scholtz.
Tradisionele leier kry borg ná vigilante-moord
Kgoloko Morwamoche (32), die stamhoof van die Madibong-nedersetting in Limpopo wat saam met twee medepligtiges teregstaan vir die moord op ʼn 27-jarige man wat van diefstal verdink is, is op borgtog vrygelaat.
Olimpiese Spele: Dis Caster se goue, voorspel die kenners
Diegene wat weet, sê dis ʼn gegewe dat Caster Semenya ʼn goue medalje op vanjaar se Olimpiese Spele sal wen.
VN sê R1,3 miljard word benodig om boere te red
Die Verenigde Nasies (VN) se voedsel-en-landbou-organisasie (FAO) het gesê minstens $100 miljoen (R1,3 miljard) word benodig om droogtegeteisterde boere in 10 Suider-Afrikaanse lande te red.
Drie tieners vas oor moord
Drie tieners, onderskeidelik 15, 17 en 19 jaar oud, sal Donderdag in die landdroshof in Uitenhage verskyn op aanklag van die moord van die 17-jarige Dillen Davids.
Drie kinders sterf in Noordwes
Drie kinders, onderskeidelik twee, vier en vyf jaar oud, is Maandag dood aangetref in hul huis in Christiana, Noordwes.
Gedagte vir die dag: Gebed bind ons saam
Stry saam met my deur vir my te bid. (Romeine 15:30)