Die tweede helfte van die Curriebekerkompetisie begin die naweek met drie wedstryde wat gespeel word. Die Stormers het ʼn loslootjie.
Alles vir Vrydag 1 September 2017
Malema in hof oor grondbesettingsuitsprake
EFF-leier Julius Malema, wat aangekla word van aanhitsing om ʼn misdaad te pleeg, moet Vrydag weer in die Newcastle-landdroshof verskyn.
Lesersbrief: Veiligheid op plase
Ons moet almal saam veg vir Suid-Afrika se boere. Ons is saam met julle in die stryd. Ons voortbestaan hang ten nouste af met wat julle vermag daar op die plase, en ons bid vir julle!
Boomplantmaand lei nuwe seisoen in
“Tradisioneel vier mense oor die hele Suid-Afrika Boomplantdag op 1 September, maar vir maksimum impak wy ons die hele Septembermaand aan die plant van bome met 130 van ons takke wat landwyd meer as 1 000 bome gaan plant.”
‘Kaper’ wat man in kattebak prop, verskyn in hof
Die verdagte staan tereg op aanklagtes van kaping, ontvoering, poging tot moord en die onwettige besit van ʼn vuurwapen en ammunisie.
Gedagte vir die dag: Gestuurdes van Christus
Van Petrus, ’n apostel van Jesus Christus. God die Vader het julle uitverkies om aan Hom gehoorsaam te wees en besprinkel te word met die bloed van Jesus Christus. (1 Petrus 1:1-2)
Jy wil nie Saterdag Cheetah in Durban wees nie
G’n mens sal Saterdag in Durban ʼn Cheetah wil wees nie, wanneer dié span die Sharks op Kingspark in ʼn kragmeting om die Curriebeker pak.
Blitsbok lei Cheetahs in Curriebekerveldtog
In die lig van sy keurbende se deelname aan die Europese Pro14-reeks het die Vrystaat Cheetahs ʼn Blitsbok aangewys om die span se voortgesette Curriebekerveldtog aan te voer.