Die Suid-Afrikaanse Poskantoor (Sapo) en die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa) het ʼn ooreenkoms bereik rakende die uitbetaling van maatskaplike toelaes.
Alles vir Maandag 11 Desember 2017
Resep: Appelrolpoeding
Dié geurige poeding is perfek vir die feestyd!
Boek: Die besoeker
Elise is eensaam, en sy is vir alles bang. Sy bly alleen in haar huis en praat met niemand nie, maar op ’n dag gebeur iets ongewoon.
Vermeende ‘lughawerowers’ vasgetrek
Twee vermeende rowers wat mense glo van die OR Tambo Internasionale Lughawe af agtervolg en dan beroof is Maandag in die vroeë oggendure in Johannesburg vasgetrek.
Vandag se sportnuus
Die Kaapstad-been van die Sewesrugby-wêreldreeks is die naweek afgehandel. Die Blitsbokke het al drie hul wedstryde in die groepfase gewen. Dit was teen Rusland, Frankryk en Uganda.
Nuuskommentaar: Regspraak kan byt, maar Zuma kan klou
Hofsake het nou al telkemale pres. Jacob Zuma en die ANC se diaboliese planne gefnuik. Pas is Zuma verneder deur ’n uitspraak waar hy ’n presidensiële plig ontneem word omdat hy nie daarmee vertrou kan word nie. Die komende kongres kan hom ook in ’n rits hofsake vasloop as nie streng by die ANC se grondwet gehou word nie.
Gaan kyk maar hoe die perde dit doen
Dis daai klein dingetjies wat die verskil tussen wen en verloor in rugby beteken.
Botsing eis lewe van motorfietsryer
ʼn Motorfietsryer, vermoedelik in sy 40’s, is Sondag dood in ʼn botsing tussen ʼn vragmotor, ʼn motor en twee motorfietse.
Gauteng: Meer as 1 200 verdagtes dié naweek vasgetrek
Die polisie in Gauteng het meer as 1 200 verdagtes die afgelope naweek in hegtenis geneem.
Baba verdrink by ouerhuis; nooddienste rig waarskuwing
Nadat ʼn 16 maande oue baba Sondag in ʼn swembad by haar ouerhuis in Randburg verdrink het, het Netcare nou ʼn waarskuwing aan ouers gerig.
Gedagte vir die dag: Hoop wat lewe
Alle eer aan die God en Vader van ons Here Jesus Christus, want sonder dat ons dit verdien, het Hy sy ontferming aan ons betoon deur die proses te begin wat op ons weergeboorte uitgeloop het. Nou het ons regtig hoop omdat Jesus Christus uit die dood opgestaan het. (1 Petrus 1:3)