Die 2018-Dakartydren oor ʼn afstand van 9 000 km het die naweek in Suid-Amerika afgeskop en in die Engelse FA-beker is daar die naweek ʼn rits wedstryde gespeel.
Alles vir Maandag 8 Januarie 2018
Paartjie verdwyn tydens vakansie
Die polisie het ʼn soektog van stapel gestuur na ʼn Gautengse paartjie wat tydens hul vakansie in die Oos-Kaap verdwyn het.
Nuuskommentaar: Is daar plek vir voorvadergeeste in Ramaphosa-administrasie?
Adj.pres. Cyril Ramaphosa het geen maklike taak om hom as volgende staatspresident reg te skuif nie, en dit word nog moeiliker gemaak met die Zuma-spook wat oor hom hang. Daar is egter nou ál meer sprake dat Zuma eersdaags die toneel gaan verlaat. En dan die vragie – hoeveel voorvaderverering word ingesluit in die beoogde seremonies by die grafte van, en ter ere van afgestorwe ANC-leiers?
Ekurhuleni: Paaie eis meer lewens in Desember as voorheen
Die Stad Ekurhuleni het dié statistieke die afgelope naweek bekend gemaak.
Toeris aangeval, beroof, 9 keer gesteek
Paramedici het die man behandel vir steekwonde aan sy bors en kop.
Grondonteiening mag nié ekonomie beïnvloed, sê Ramaphosa
Ramaphosa het die afgelope naweek gesê hy wil nie hê die ANC-beleid van grondonteiening sonder vergoeding moet landbouproduksie benadeel en voedselveiligheid in gedrang bring nie.
Gedagte vir die dag: Dood en lewe
Julle was dood deurdat julle gesondig het en deurdat julle sondige natuur nog nie weggeneem was nie. God het julle egter saam met Christus lewend gemaak deurdat Hy ons al ons sondes vergewe het. (Kolossense 2:13)