WAARSKUWING: Die besonderhede in die berig is uiters grafies van aard en kan sensitiewe lesers ontstel.
Alles vir Vrydag 29 Junie 2018
Foto’s: Vyf dood nadat skieter in nuuskantoor losbrand
“Daar is niks meer vreesaanjaend as om te hoor hoe verskeie mense geskiet word terwyl jy onder jou lessenaar wegkruip en dan hoor hoe die skieter herlaai nie.”
Nuuskommentaar: Plaasmoorde wéér beklemtoon
’n Nuwe boek, Kill the Boer, is luidens berigte besig om skerp onder kritiek deur te loop op sosiale media. Dui dit op paniek dat die harde feite in die boek landbou-kritici se retoriek nou as vals gaan uitwys?
Boek: Steinhoff en die Stellenbosse Boys
“Steinhoff en die Stellenbosse Boys” is die sake-exposé van die jaar – ‘n boeiende sakeriller wat nog dekades lank in raadsale sowel as sitkamers oorvertel sal word.
Vandag se sportnuus
By Fifa se Wêreldbeker is die laaste wedstryde in die groepfase gister afgehandel.
Tennis: Wimbledon se wennerspodium staan wawyd oop
Vanjaar kan die wenners, van beide die mans- en vroue-enkelspel, enige een van ʼn hele rits spelers wees.
Sokker: Net 16 lande is oor en ʼn nuwe wêreldkampioen gaan gekroon word
Sokkerkoors het die hele wêreld beetgepak en daar was tot nou baie vreugdes, maar ook trane vir ondersteuners.
Water-regrukplan: ‘Dit skep burokrasie, nie oplossings”
“Die regte mense met die regte vaardighede is nodig om die proses te dryf, nie noodwendig méér mense nie.”
Doodsklok lui glo vir ‘Afro Voice’
Die personeel is aangeraai om by die huis te bly tot en met verdere kennisgewing.
Minister ontbind SABS-raad
“Die SABS het nie daarin geslaag om ingevolge hul mandaat te presteer nie. Ek het vertroue verloor in die raad se vermoë om die instellings doeltreffend te bestuur.”
Is jy bestand teen seindistorsie deur die staat?
Ons lewens, ons gesinne en families, asook ons gemeenskappe, is veels te kosbaar om aan die genade oor te laat van die totalitêre staat, wat meedoënloos strewe na intervensies wat die seine verwring en vernietig wat ons so broodnodig het om te floreer.
Gedagte vir die dag: Lewe
Die letter maak dood, die Gees maak lewend (2 Korintiërs 3:6)