Hierdie bom kan in die oond as ʼn broodrolletjie gemaak word, óf oor die kole as ʼn roosterkoek.
Alles vir Vrydag 14 September 2018
Nuuskommentaar: Raskwessie raak ál taaier – is ‘bobbejaan klim die berg’ nou rassistiese haatspraak?
’n Nuwe uitspraak van die konstitusionele hof oor rassisme sal reg en ewehandig toegepas moet word, of loop die gevaar om die rassesituasie in Suid-Afrika ver verby die vlakke van ’n rasseontploffing te voer.
Boek: As mens geluk kon proe
Toe Arnelia en haar ma van Kaapstad na Potchefstroom verhuis, besluit sy dit is die ideale geleentheid om die draaiboek van haar lewe te herskryf.
Vandag se sportnuus
Twee wedstryde word môre in die Rugbykampioenskap gespeel.
Met my Instamatic op Wimbledon
En so loop my besoek aan Wimbledon ten einde. Dit het seker nog nooit gebeur dat ʼn volslae buiteperd soos ek daardie tennisheiligdom vir 50 pond en gewapen met net ’n Instamatic-kameratjie betree nie.
Onnie in klaskamer vermoor
ʼn 24-jarige onderwyser is Donderdag in ʼn klaskamer by ʼn skool in Noordwes vermoor.
Staatskaping-kommissie: Zuma ‘dink eers’ daaroor
Oudpres. Jacob Zuma het gesê hy wil eers nadink oor adjunkhoofregter Raymond Zondo se uitnodiging om te antwoord op die bewerings van staatskaping teen hom.
Hof sê vandag of lede saam met Sasol-werkers mag staak
“Hierdie saak gaan oor inklusiwiteit van werknemers ongeag hul ras.”
Podlitiek-onderhoude: Martin van Staden praat oor libertynse vrydenkers
Met die tweede episode van Podlitiek se onderhoudreeks gesels Daniël Eloff en Daniel du Plessis met Martin van Staden. Martin is ’n regsnavorser by die Vryemarkstigting en ook die hoofredakteur van beide die Rational Standard en Being Libertarian.
Gedagte vir die dag: Kyk nuut
Om rusie te begin is om ’n damwal te breek; staak liewer die getwis voor die vloed jou tref. (Spreuke 17:14)