Jou kinders sal hul lippe behoorlik aflek!
Alles vir Woensdag 3 April 2019
Boek: Stalmaats: Tweede kans
Die laaste boek in hierdie supergewilde perdereeks!
3 in hof oor moord op ANC-raadslid
Een van die beskuldigdes staan glo ook tereg op die moord van ʼn ander politikus.
Vandag se sportnuus
Die Nasionale Swemkampioenskap word aanstaande week van 8 tot 12 April in Durban aangebied en in jou tennisnuus het Andy Murray weer lig begin oefen ná sy heupoperasie van vroeër vanjaar.
Die dieper reg van eiendomsreg
Om werklik ’n alternatiewe denkwyse op die tafel te sit, om ’n vernietigende ideologie van staatsinmenging die hoof te bied, moet ’n mens jou eie vertrekpunte hersien en die debat terug na eerste beginsels neem.
Renosters: Stroop of verkoop?
Nagenoeg 700 renosters is in 2018 gestroop. Daar dit darem heelwat minder is as in 2016 en 2017, klink dit na goeie nuus. Dog, deur renosterhoringhandel te wettig, kan die getal tot nul daal. Só skryf dr. Peter Oberem, grootwildboer en renostereienaar.
TLU SA eis steeds optrede teen BLF-leier
“Dié soort haatspraak wat gedurig uit sy mond kom, is uiters opswepend en dikwels die vonk in die kruitvat wat lei tot gewelddadige aanvalle en selfs moord op plase.”
Onder die Bome: Die media
In hierdie voorlaaste episode van Onder die Bome, ʼn podsending-gebaseerde reeks wat handel oor filosofie, word die media bespreek en verduidelik hoekom dit presies ʼn deel van filosofie is.
Nóg ʼn kind beland in bendekruisvuur
Dié voorval volg enkele dae ná ʼn 12-jarige meisie in Bloemendal in Bethelsdorp doodgeskiet is.
Gedagte vir die dag: Gebed is ’n dialoog – verwag ’n antwoord
Roep My aan, Ek sal jou antwoord en jou vertel van groot en onverstaanbare dinge waarvan jy nie weet nie. (Jeremia 33:3)