Max Verstappen het sy 13de wedren van die seisoen gewen toe die geruite vlag vir hom in Austin geswaai is, terwyl Red Bull nou ook die vervaardigerstitel in die sakkie het.
Alles vir Maandag 24 Oktober 2022
Wessel Oosthuizen stel sy boek in Moskou bekend
Met sy wonderlike droë humorsin altyd teenwoordig, verklaar Wessel dat hy die tweede Afrikaner is wat ʼn boek in Rusland vrystel. En as jy dalk wonder wie die ander Afrikaner was, wel, niemand anders nie as Wessel.
Reënweer in noordooste verwag
Die reënweer in die meeste van dié gebiede sal na verwagting tot Donderdag voortduur.
Wes-Kaap slaggereed vir brandseisoen
Munisipaliteite kan gespesialiseerde grond- en lugondersteuning versoek, met die departement wat toegang tot 24 toegewyde brandbestrydingsvliegtuie op strategiese plekke reg oor die provinsie verseker.
Twee US-studente as vermis aangemeld
Leila Lees (18) en Ethan Kirkland (22) is Vrydagmiddag laas by Kirkland se woonstelgebou op Stellenbosch gewaar.
Medestigter van Red Bull sterf
Dietrich Mateschitz het die fortuin wat hy uit die verkope van Red Bull geskep is, gebruik om ʼn Formule 1-span op die been te bring wat een van die voorste kragte in die sport geword het.
Gedagte vir die dag: Rentmeester
God het aan elkeen van julle ’n genadegawe gegee. Met hierdie gawes moet julle mekaar dien sodat God se ryk genade deur julle na mekaar toe kan vloei. (1 Petrus 4:10)