Die Springbok-kaptein het sy regterknie in die Sharks se Verenigde Rugbykampioenskap-wedstryd teen Munster beseer.
Alles vir Dinsdag 25 April 2023
Duisende, ook SA burgers, uit Soedan na veiligheid geneem
“Ons burgers en ambassadepersoneel is op pad uit Khartoem.”
VN hoor van minderhede in SA se uitdagings
“Die boodskap is sterk oorgebring dat die ANC-regering besig is om Suid-Afrika in ʼn mislukte staat te omskep waar veral die regte van minderhede geskend word.”
Jhb-burgemeester bedank voor wantroue-mosie
Thapelo Amad het as burgemeester van Johannesburg bedank, minder as drie maande nadat hy in die pos aangestel is.
Antwoorde geëis oor VAE-leier wat op Bhisho-lughawe land
Pres. Cyril Ramaphosa en sy ministers moet antwoorde verskaf oor die president van die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) en sy gevolg wat miljoene rand betaal het om by die Bhisho-lughawe te land.
Gedagte vir die dag: Geloof het voete
Die wat op die Here wag, kry nuwe krag; hulle vaar op met vleuels soos die arende; hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle wandel en word nie mat nie. (Jesaja 40:31)