Die buurman van die slagoffer sê die dorp gaan die afgelope paar jaar gebuk onder ʼn vlaag van misdaad – soveel so dat daar die afgelope twee jaar al 15 keer by sy huis ingebreek is.
Alles vir Dinsdag 25 April 2023
Ses in hof oor miljoene se perlemoen
Een van die voertuie is later afgetrek waarna sewe sakke perlemoen in die kattebak gevind is.
38 SA’ners uit Soedan vervoer
“Die afgelope tyd was ʼn tuimeltreinrit gevul met vrees, angs, onsekerheid, paniek en hartseer vir almal wat in die burgerlike oorlog vasgekeer is en hul huise moet verlaat.”
Dihan van ‘Binnelanders’: ‘Ek wil toneelspeel, musiek maak in Afrikaans’
Ná ’n jaar en ’n half in Engeland het net een ding Dihan Schoeman teruggelok na sy geboorteland toe: ’n borrelende liefde en passie vir Afrikaans.
Phalatse weer DA se kandidaat vir Jhb-burgemeester
Die NFP waarsku intussen kleiner partye teen die gevare om uitgebuit te word tydens die vorming van koalisieregerings in munisipaliteite.
Amerikaanse rugbybase ondersoek Pote-klap
“Sodra die ondersoek afgehandel is, sal MLR in ooreenstemming met sy kompetisie- en gedragsregulasies optree.”
Juan Boucher ‘dans met gevaar’ op Top-20
Juan Boucher betree die Maroela Media Afrikaanse Top-20 in die 12de plek.
Luister: Vind ’n nuwe leierskapritme
Soms is leiers so oorweldig dat hulle net nie weet wat die volgende stap is nie. Dr. Johan Beukes het ʼn paar wenke.
Mila Guy, Bennie Fourie haak af
Die akteurspaartjie, Mila Guy en Bennie Fourie, het Saterdag in Kaapstad ewige trou aan mekaar beloof.
Landbou-ekspo gehou in hartjie van Magaliesberge
Landbou-liefhebbers en -entoesiaste kan hul vere regskud vir ’n plaasopskop en landbouskou wat eersdaags in die hartjie van die Magaliesberge gaan plaasvind.
Hulde ná bekende in Afrikaanse bemarkingskringe sterf
John Lloyd het onder meer ’n belangrike rol gespeel om Tafelberg as een van die nuwe sewe natuurwonders van die wêreld aangewys te kry.
Boelies is oral, maar boelies kán ook verander
“Kyk wat om jou gebeur, praat daaroor. Moenie stilbly en alleen seerkry nie en toesien dat een van jou maats die slagoffer van ʼn boelie is nie.”
Eerste sooi vir skool se droombiblioteek gespit
Dié projek word te danke aan die gemeenskap se onvoorwaardelike ondersteuning verwesenlik.
Gemeenskap spring in om damwal te herbou
Die boere en grondeienaars is bereid om weer te begin boer of die grond vir boerderye beskikbaar te stel.
Oudkleuterskoolhoof van Pta skuldig aan aanranding
“Niks kan die trauma wat sy vir my kind veroorsaak het, ongedaan maak nie.”
Lesersbrief: As jy bang is, ry dan in die dag
My verweer dat ek skrikkerig is om by ʼn verkeerslig in ʼn donker straat te stop word afgemaak met ʼn arrogante: “As jy bang is vir die donker, ry dan in die dag”.
Uitdrukking: Boontjie kry sy loontjie
Ken jy die verhaal agter die uitdrukking, “boontjie kry sy loontjie”? Taaltoffie stel ondersoek in.
Gryslys nie noodwendig die einde van die wêreld
Suid-Afrikaanse grondstowwe bly egter gesog en dit gee hoop omdat daar ʼn groter internasionale vraag na edelmetale is gedurende tye van groot onsekerheid soos wat ons tans beleef met die oorloë en gerugte van oorloë.
‘Soomloos’ ʼn ‘moet-sien-produksie’ by 2023-Suidoosterfees
“Dit is nie aldag dat jy ʼn Francois van Coke of ʼn Lynelle Kenned of ʼn Tarryn Lamb saam op een verhoog gaan sien nie.”
Resep: Vetkoek met kerrievulsel
Daar is min dinge soos ’n eg Suid-Afrikaanse vetkoek met heerlike maalvleisvulsel om die mae vol te maak.