Die Noorweër Viktor Hovland se eerste prysgeld beloop sowat R68 miljoen.
Alles vir Maandag 21 Augustus 2023
AfriForum help met vullisverwydering in Pta
“Hulle het in hierdie buitengewone tye sonder huiwering ingestem om die gemeenskap tegemoet te kom,” sê Betsie Basson, wyksraadslid, wat die burgerregtegroep genader het om te help.
Lesersbriewe: Opposisiepartye sal ANC nie kan ontsetel nie
As die opposisiepartye in 30 jaar nie die ANC kon verhoed om die land te besteel en vernietig nie, hoe gaan hulle nou, dat die ANC basies die regstelsel ook gekaap het, dit regkry om die wa om te draai.
Bitcoin anders as derduisende ‘altcoins’
Sedert Bitcoin se ontstaan in 2009, word beraam dat meer as 5 000 alternatiewe kriptogeldeenhede, sogenaamde “altcoins”, ontstaan het – elk met sy eie spesiale kenmerke wat dit beter as Bitcoin sou moes maak.
Meer as net lone op die spel in Samwu-staking
Die staking blyk al meer ʼn politieke magspel tussen die ANC-geaffilieerde Samwu en die DA-geleide Tshwane-metro te wees. Dié verskynsel kan hom dalk al meer voordoen namate die ANC se mag op plaaslike vlak afneem.
Pyn vir Akani, vreugde vir Wade
Die tweede dag van die Wêreldatletiekkampioenskap wat in Boedapest, Hongarye, gehou word, was weer met ʼn hele paar goue drade verweef, maar daar was ook verskeie hartseer verhale van blydskap en pyn.
Djokovic tem hitte; Alcaraz in epiese eindstryd
“Dit is malligheid, ek weet nie eintlik hoe om die wedstryd anders te beskryf nie. Dit was beslis een van die taaiste wedstryde van my loopbaan.”
Resep: Voedsame groentesop
Met die winter nog nie heeltemal op sy einde nie sal hierdie voedsame groentesop daardie koue aande goed teenwerk.
Polisielid se wapen gesteel ná hy in botsing sterf
ʼn Polisiebeampte van Gqeberha is Sondag in ʼn botsing dood waarna hy van sy dienspistool beroof is.
Ramaphosa: ‘SA sal nie gedwing word om kant te kies’
“Terwyl sommige van ons teenstanders openlike steun vir hul politieke en ideologiese keuses verkies, sal ons nie in ʼn stryd tussen globale moondhede ingetrek word nie.”
‘This is Us’-akteur sterf
Ron Cephas Jones wat twee Emmy-toekennings gewen het vir sy rol in die TV-reeks This is Us, is in die ouderdom van 66 oorlede.
Tien polisielede nou vas ná winkel ‘beroof’ is
Nog drie polisiebeamptes is in hegtenis geneem ná ʼn voorval verlede maand toe personeellede van ʼn winkel in Nigel na bewering aangerand is, goedere vernietig en kontant gesteel is.
Gedagte vir die dag: Opregte gehoorsaamheid kom uit die hart
“Is daar vir die Here vreugde in brandoffers en maaltydoffers, soos in gehoorsaamheid aan die stem van die Here? Kyk, om gehoorsaam te wees, is beter as maaltydoffers, om te luister beter as die vet van ramme.”