“Ons het deur die werk van die trust besef hoe groot God se genade én die krag van geleenthede is. Ons moet dít nooit vergeet nie.”
Alles vir Maandag 21 Augustus 2023
Ons Winkels maak dit makliker vir jong paartjies om nuwe huis in te rig
“Ons verwys graag na elke winkel as ‘n baken van hoop, en dit is so gepas, want ‘n Ons Winkel gaan nie jou sak ruk nie; jy kan items van goeie gehalte teen bekostigbare pryse aankoop.”
Meer bekostigbare aftreelandgoed binnekort in Pretoria
Central Developments het onthul dat hulle met ʼn volgende ontwikkeling aftree-eiendom beskikbaar gaan stel teen pryse wat meer 50-plussers in staat sal stel om hulle in ʼn aftreelandgoed te vestig.
‘Ons soek krag, antwoorde’; Lichtenburg-inwoners wil opruk
“Ons beoog om soveel mense as moontlik bymekaar te kry om teen hierdie korrupte spul in opstand te kom. Ons is nie van plan om bande te brand nie, maar ons kan nie langer in die donker sit en niks doen nie.”
Ware toets wag nou teen Kiwi’s
André Esterhuizen en Canan Moodie is die Springbokke se senterkombinasie vir die Wêreldbeker-opwarmingswedstryd teen die All Blacks op Twickenham.
Beurtkragverligting van korte duur
Eskom het Maandagmiddag vroeg gesê danksy ʼn verbetering in kragopwekkingsvermoë en die volle herstel van noodopwekkingsreserwes, word beurtkrag om 11:30 tot 16:00 opgeskort. Dit was egter van korte duur.
Ramaphosa oortree nie geldwet
Die Suid-Afrikaanse Reserwebank kon geen bewyse van ʼn transaksie vind nie, en kon dus nie tot die gevolgtrekking kom dat enige valutabeheerregulasie oortree is nie.
Hoekom koordbloed beter is as beenmurgoorplantings
Die oorplanting van koordbloedstamselle het verskeie voordele bo beenmurg- en bloedstamselle.
Brics-lande het oog op geopolitieke skuif
“Ek dink nie hierdie beraad gaan enige ingrypende uitslae oplewer nie omdat die mag steeds by Westerse lande berus.” – Kenners wat Brics fyn dophou, is nie optimisties oor die beraad se uitkomste nie.
Wen: Verwelkom lente met groot opwinding by 4×4 buitelug ekspo
Vier gelukkige Maroela Media staan die kans om elk ʼn gesinskaartjie vir vier mense na die South African 4×4 & Outdoor Show los te slaan.
Gesinne wat herenig, skep hoop in ons samelewing
Hierdie suksesverhale is iets waaraan ons regering aandag behoort te gee. Wie sou hierdie mense gehelp het as dit nie vir maatskaplike organisasies was nie? Hoe sou die ma haar probleem kon oorkom het, en dit reggekry het om hul lewens in ʼn nuwe, positiewe rigting te stuur?
Nuwe regulasies op pad vir voedseletikette en advertensies
Sal voedseletikette wat uitroep ʼn produk bevat te veel sout of suiker of kunsmatige versoeters jou keer om hierdie produkte van die rak af te haal? Ons sal nog moet sien. Ina Opperman het gaan kyk na die konsepveranderinge.
Vertraging met kragwet ‘onverklaarbaar, onaanvaarbaar’
Die wetsontwerp staan sentraal tot die regering en sakesektor se gesamentlike pogings om die voortslepende kragtekorte te pak. Dit sal die weg baan vir die skep van ʼn transmissie-stelseloperateur wat die nasionale netwerk kan bestuur en krag uit ʼn mededingende mark kan aankoop.
Curro vier kwarteeu met groei in wins, leerders
“Dit is ʼn noemenswaardige prestasie om ʼn kwarteeu te bereik. Hierdie positiewe syfers is ʼn bewys van Curro se toewyding daaraan om gehalte-onderwys oor die jare te voorsien.”
Sepiegids: Mymoena, Bridgette begrawe strydbyl in ‘Suidooster’
In “Binnelanders” is ʼn dokter skoonveld en in “Diepe waters” deel Arno nuus met Karla wat hul toekomsplanne kan verander.
Goud bruis in dié Parkie se are
“As ek eendag na my loopbaan terugkyk, wil ek trots wees daarop en met ʼn glimlag vir my hemelse Vader bedank.”
‘BSV’ se Louis M, Louis B vra ja-woord – op dieselfde dag!
Albei dié boere het Saterdag die ja-woord gevra en albei het dieselfde antwoord gekry: ʼn onomwonde ja.
Mense hardloop vir borskankerbewustheid
Flukse drawwers – oud, jonk, man en vrou – het vroeër vandeesmaand byeengekom om bewustheid oor borskanker en borsprosteses te skep.
Zimbabwiërs maak reg vir verkiesing; bid vir vrede
Zimbabwe het ʼn lang geskiedenis van betwiste verkiesings wat deur geweld geskend is en honderde landsburgers vrees ʼn herhaling van 2018 se gebeure.
Woord: wrongel
Ken jy die woord “wrongel”? Taaltoffie stel ondersoek in.