“Elke detail in die Royal Mansion sal jou soos ʼn koninklike laat voel – van jou privaat ingang tot die eksklusiewe Hermes-geriewe in die kamer.”
Alles vir Woensdag 8 November 2023
Hondjie spoorloos ná sy 18-jarige teen rowers beskerm
Die heldhaftige hond het verbete baklei om Kayla Muller te beskerm. Ná die gewapende rooftog het sy egter spoorloos verdwyn – en haar jong eienaar is hartgebroke.
Afrika se majortitel gaan spelers toets
Die dwarrelwinde wat oor die baan waai, die nou skoonvelde, uitdagende sukkelveld en blitsvinnige setperke dwing spelers maklik op hul knieë in die versengende hitte wat hulle jaarliks teister.
Snyman kan lank op krukkelys wees
“Ons sal wag om te hoor wat die chirurg se bevindinge is. Dit sal vir ons ʼn meer presiese tydlyn [vir sy terugkeer] gee, maar dit kan maande en nie weke nie wees.”
Loopbaanbesluite: Ouers se insette gesoek
Neem deel aan die vraelys en kom in aanmerking vir ʼn skryfbehoeftepakket.
Inskrywings vir Comrades open binnekort
“Die 2024-Comrades gaan ongetwyfeld een van die opwindendste weergawes van dié wêreldbekende ultramarathon wees.”
Matrieks! Kom geniet Oppi Eiland by ATKV-Eiland Spa
Matrieks kan die einde van hul skoolloopbaan saam met vriende kom vier en kom skoene uitskop ná al die swoeg en sweet van die eindeksamen.
Té veel uitsprake van Grondwethof is laat
Die hoogste hof in die land het tans vier sake waarin uitsprake al vir langer as nege maande voorbehou is.
Vioolsdrift-man bly agter tralies ná dodelike skietery
Die twee mans, tussen 54 en 56 jaar oud, het verlede Woensdag weens skietwonde in ʼn Upingtonse hospitaal beswyk.
‘Maxi-mum’: Aussie moker uitstekende 200-tal
Glenn Maxwell het sy bynaam van The Big Show teen Afghanistan gestand gedoen: Die 35-jarige kolwer was die hoofkarakter in ʼn merkwaardige eenmanvertoning.
Die toekoms van die Weste is in ons hande
Die Westerse beskawing is besig om te verval, te verarm en om verskraal te word. Dit kan egter nie uitsterf nie. Die verspreiding daarvan is te omvangryk.
Japanse Restourasie eerder as Russiese Rewolusie
Die Japanners wou nie alles wat bestaan het vernietig nie. Hulle het op die beste uit die Weste gebou om hul agterstand in te haal, en dit dan verder verbeter en die Weste op baie gebiede verbygesteek.
Uitheemse bome, inheemse studentelewe
Anders as die kampusbome en die akademiese drag, het die Afrikaanse studentelewe daarin geslaag om ʼn eie baadjie aan te trek wat goed pas.
Minister beroof: ‘Hulle het wapen teen my kop gedruk’
Chikunga het op haar selfoon probeer bel om hulp te ontbied toe een van die rowers haar deur oopgepluk, ʼn vuurwapen teen haar kop gedruk en haar beveel het om uit die motor te klim.
Mbonambi stel sy kant oor ‘rasklag’
Mbonambi het gesê die voorval het ontstaan omdat Curry nie besef het dat hy Afrikaans praat nie, ʼn algemene praktyk onder die Springbokke om te verseker dat opponente nie hul boodskappe verstaan nie.
Wag doodgeskiet toe polisie transitoroof fnuik
ʼn Veiligheidswag is doodgeskiet toe die polisie ʼn transitorooftog gefnuik en ʼn skietgeveg tussen die polisie en rowers uitgebreek het.
Israel: ‘ANC aan verkeerde kant van geskiedenis’
ʼn Heftige debat het Dinsdag in ʼn sitting van die Nasionale Vergadering (NV) plaasgevind oor Suid-Afrika se besluit om diplomate uit Israel vir “konsultasie” terug te roep.
Gedagte vir die dag: God gee nuwe lewe uit die dood
“ʼn Takkie sal uitspruit uit die stomp van Isai, ʼn loot uit sy wortels sal vrugte dra” (Jesaja 11:1).